Landbouweekblad

MOEILIKE BESLUITE OOR GRAANAANPL­ANTINGS WAG

- NICO VAN BURICK

MET die strooppros­es van mielies wat in die somerreëng­ebied begin het en ’n verwagte kommersiël­e oes van 12,909 miljoen ton, lê moeilike besluite vir graanboere oor die nuwe produksiej­aar voor.

Mnr. Pieter Smit, bemarkings­bestuurder van Monsanto SA, sê mielie-opbrengste lyk in hierdie vroeë stadium taamlik goed en in sommige gevalle selfs beter as wat verwag is. “Ongelukkig plaas dit meer druk op die kommoditei­tspryse en bemoeilik dit graanboere se besluit oor aanplantin­gs in 2018-’19.”

Mnr. Luan van der Walt, eko- noom van Graan SA, sê volgens terugvoer wat hy ontvang het, is daar boere in die sentrale gebiede wat nog wag dat hul mielies droog genoeg word om te stroop.

“Dit is veral in die oostelike dele waar die stropery goed op dreef is en plek-plek in die weste. Daar is selfs nog boere wat sonneblomm­e stroop.”

REUSEVOORR­AAD

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom van die sakekamer Agbiz, sê wat wêreldvoor­raad betref, verwag

die Internasio­nale Graanraad ’n afname van 4% in Amerika se oes in 2018-’19. Ook in Europa word ’n afname van 2% verwag, maar groter oeste in onder meer Brasilië, Argentinië, die Oekraïne, China en Rusland sal daarvoor vergoed. Die verwagte wêreldprod­uksie in 2018-’19 word 1% hoër op 1,05 miljard ton geraam.

“Dit sal weinig invloed hê op Suid-Afrika se pryse vanweë die land se groot plaaslike voorraad wat op 16,4 miljoen ton geraam

word teenoor ’n jaarlikse verbruik van 10,7 miljoen ton.”

Smit sê wat die nuwe produksiej­aar in Suid-Afrika betref, is risikobest­uur en winsgewend­heid sekerlik die belangriks­te bepalers in die besluitnem­ing van die boer.

“Goeie beplanning vir maksimum winsgewend­e produksie gaan belangrik wees. Produsente sal moet kyk hoe hulle met onder meer tegnologie, teelmateri­aal en presisiela­ndbou hul opbrengste tot ’n maksimum vlak kan verhoog en terselfder­tyd hul insetkoste onder beheer hou.”

BEPLAN SÓ

Smit sê boere wat nou reeds vir 2018-’19 beplan, moet seker maak dat hulle ook saad bestel vir hul toevlugsge­biede. “Hulle moet seker maak dat hulle genoeg saad bestel vir ’n toevlugsge­bied van 5% waar hulle glad nie teen insekte bespuit nie, of een van 20% waar hulle wel kan bespuit.”

Boere moet verder seker maak dat die basters wat hulle vir die toevlugsge­biede bestel, dieselfde groeityd het as die Bt-aanplantin­gs. Wanneer ’n stapelgeen­baster geplant word, kan ’n Roundup Ready-mieliebast­er gebruik word vir die toevlugsge­biede. Dit sal verseker dat die boer steeds sy mielies met Roundup kan bespuit.

Wanneer ’n Bt-mieliebast­er geplant word, moet ’n konvension­ele baster as toevlugsge­bied geplant word, volgens Smit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa