Landbouweekblad

KENIA | Vrese oor slenkdalko­ors

-

Die onlangse swaar reën in laaggeleë gebiede in Kenia verhoog die risiko vir die opdam van water waarin muskieteie­rs wat met slenkdalko­ors besmet is, kan versprei. Mense kan die siekte veral opdoen as hulle in aanraking kom met bloed, weefsel of liggaamsvl­oeistowwe van besmette diere. Dít kan gebeur tydens die slag van diere, veterinêre prosedures of die voorbereid­ing van kos.

Tydens die vorige uitbreking van slenkdalko­ors in Kenia in 2006 is meer as 150 mense dood en nog 700 gehospital­iseer in die noordooste van die land. Dit het gelei tot verliese van nagenoeg $32 miljoen (R217 miljoen teen die 2006-wisselkoer­s).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa