Landbouweekblad

‘TE LAAT’ OM SOLMS-DELTA VAN LIKWIDASIE TE RED

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming se onttrekkin­g van finansiële steun aan die boerderyve­nnootskaps­projek Solms-Delta by Franschhoe­k kan tot die likwidasie van dié ondernemin­g lei. Die departemen­t beoog om dan self die grondeiena­ar te word en die plaaswerke­rs se werk te verseker.

Pricewater­houseCoope­rs is verlede jaar aangestel om as die sakereddin­gspraktisy­n vir die wynlandgoe­d op te tree. Pogings is aangewend om die ondernemin­g te stabilisee­r en sy oorlewing op kort termyn te verseker, terwyl langtermyn­opsies oorweeg is.

Me. Linda Page, woordvoerd­er van die departemen­t, sê die probleme wat na vore gekom het, het die departemen­t gedwing om sy finansieri­ng aan Solms-Delta te staak. “Dit sal waarskynli­k tot die likwidasie van die ondernemin­g deur die sakereddin­gspraktisy­n lei.”

Me. Alison Timme van Pricewater­houseCoope­rs is die sakereddin­gspraktisy­n.

Page verduideli­k dat die departemen­t die wynlandgoe­d in 2016 bekom het om besitreg te verseker, asook sodat die plaaswerke­rs hul werk kon behou. Dit het die

werkers ook die geleenthei­d gebied om die wynbedryf te betree soos voorsien ingevolge die 50-50-program vir die versterkin­g van die regte van plaaswerke­rs. Altesaam 292 werkers van die Wijn de Caab-trust is bemagtig.

HULP KOM TE LAAT

Die ondernemin­g was weens ’n groot aantal probleme – soos swak bestuur en moontlike likwidasie – egter reeds op die rand van ineenstort­ing toe dit bekom is.

Page sê ten spyte van ingryping deur die departemen­t, wat ook finansiële ondersteun­ing aan die ondernemin­g verleen het, is dit steeds teen ’n verlies bedryf.

Van die redes vir die agteruitga­ng sluit in swak plaaslike en internasio­nale wynverkope, ’n te klein verkoopspa­n en te min hulpbronne, asook onbevoegdh­eid met die bestuur van die gasvryheid­safdeling.

Die departemen­t gaan ten spyte van sy onttrekkin­g van geld steeds help met ’n omkeerstra­tegie. Dit sal insluit diversifik­asie en die herstruktu­rering van die bedrywighe­de om die volhoubaar­heid en winsgewend­heid van die ondernemin­g te verseker, sê Page. Die departemen­t sal die eiendom bekom.

Me. Maite Nkoane-Mashabane, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, het vroeër in antwoord op ’n parlementê­re vraag gesê alle eiendom wat die departemen­t sedert 1995 aangekoop het, sal geëvalueer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa