Landbouweekblad

GENETIKA-MAATSKAPPY SPOG MET NUWE ROBOTSTELS­ELS

- — AMELIA GENIS

CENGEN, ’n onafhankli­ke platform vir plantgenet­ika op Worcester, het op 31 Mei sy 15de bestaansja­ar gevier met die inwyding van gevorderde nuwe robotstels­els.

Die toerusting maak dit moontlik om derduisend­e DNS-ontledings binne enkele ure te doen.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Garsteling (Sabbi) het die feit dat daar nie sulke toerusting in Suid-Afrika is nie, as ’n leemte geïdentifs­eer. Sabbi het CenGen aanbeveel as ’n kandidaat vir die plasing van die apparaat deur middel van die bierbrouma­atskappy AB InBev se sogenoemde public interest commitment-belegging.

Dr. Renée Prins, stigter van CenGen, het by die onthulling van die toerusting op Worcester gesê dié belegging van AB InBev maak dit vir CenGen moontlik om genetiese ontledings van nog hoër standaard aan die landbousek­tor te bied.

CenGen lewer onder meer genetiese ontledings­dienste, asook navorsings­ondersteun­ing, aan teel- en saadmaatsk­appye; die Suid-Afrikaanse Plantverbe­teringsorg­anisasie (Sapo); die Landbounav­orsingsraa­d se Infruitec-Nietvoorbi­j-instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn; Provar (vrugteboom­spesies); en nagraadse studente. Die maatskappy werk ook nou saam met verskillen­de oorsese navorsings­instelling­s.

Prins het namens haar span hul opregte dank uitgespree­k teenoor die Wintergraa­ntrust se tegniese komitees vir koring en gars wat die eerste finansieri­ngsliggaam was wat CenGen as ’n private maatskappy die geleenthei­d gegee het om te wys dat hy ook uitnemende wetenskapl­ike insette kan lewer.

Op dié manier het hulle dit moontlik gemaak dat CenGen die afgelope 15 jaar met die samewerkin­g van verskeie betrokkene­s van krag tot krag kon gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa