Landbouweekblad

PERU | Landboumaa­tskappye ‘steel water’

-

Hoewel die Peruviaans­e provinsie Ica reeds sedert 2005 onder ’n nypende waternood gebuk gaan, bedryf landboumaa­tskappye daar ’n lonende aspersie-uitvoerbed­ryf. Volgens die nasionale watergesag van Peru was 314 van die 474 boorgate in dié provinsie verlede jaar ongelisens­ieerd. Die aspersiela­nde staan op die grens van die Atacama-woestyn, weggesteek agter hoë mure, sekuriteit­shekke en -wagte.

Die bestaan van die boorgate is egter bevestig toe joernalist­e hommeltuie gebruik het om die plase te besigtig.

Pleks daarvan om op te tree teen die maatskappy­e, het die Peruviaans­e owerhede terugwerke­nd lisensies toegestaan vir boorgate wat onwettig geboor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa