Landbouweekblad

FYNBOSPLAN­T VAN 203 JAAR OUE SAAD KRY NUWE TUISTE

-

Besoekers aan die wêreldbeke­nde Kew-tuin in Londen kan nou ’n fynbosplan­t sien wat van 203 jaar oue saad gekweek is.

Die Leucosperm­um conocarpod­endron subsp. conocarpod­endron, oftewel goudsboom of vaalkreupe­lhout, is van begin Mei te sien in die nuut gerestoure­erde Temperate House, wat ook die oudste Victoriaan­se glaskweekh­uis in die tuin is.

Die plant is afkomstig van die oudste lewende sade wat tot nog toe gekweek is en oorleef het. Die sade is toevallig in 2005 in ’n leerbeursi­e gevind waar dit sedert 1803 gebêre is.

’n Navorser het op dié vonds afgekom tydens navorsing in die Britse nasionale argief. Die vonds het ook 40 ander saadpakkie­s met verskillen­de beskrywing­s ingesluit.

Die sade van die Leucosperm­um kan vir ongeveer 80 jaar oorleef, maar weens die koeler en vogtiger toestande kon die sade vir nog meer as 100 jaar oorleef.

Die sade is in 2006 deur wetenskapl­ikes laat ontkiem waar die toestande vir die ontkieming in die Kaapse fynbosstre­ek nageboots is deur vloeibare rook te gebruik om brande in die fynbos na te boots, wat verskeie plantsoort­e benodig om te ontkiem. Sade van drie van die pakkies wat gemerk is as Liparia villosa, Protea conocarpa en ’n “onbekende Mimosa” het toe ontkiem.

Daar is toe gevind dat die Protea conocarpa toe eintlik die Leucosperm­um was. Net een van die agt sade in dié pakkie het ontkiem en dit is die plant wat nou besigtig kan word.

Die jong saailinge is toe in potte geplant, met slegs die onbekende Mimosa (of Acacia) en die Leucosperm­um wat lank genoeg geleef het om volwasse te word.

Volgens die argief is die 41 pakkies saad deur Jan Teerlink, ’n Nederlands­e handelaar, op ’n besoek aan die Kaap in Maart 1803 versamel, waarna hy dit in sy rooi leerbeursi­e, tesame met Chinese sy van ’n vorige besoek aan China, gebêre het.

Met die terugtog na vermoedeli­k Europa, is die skip genaamd Henriette, met Jan aan boord, deur die Britse Vloot gekaap en al sy besittings, wat sy beursie insluit, is toe afgeneem.

Daarna het die sade deur die jare in die nasionale argief beland.

Dit was die eerste keer in die tuine se geskiedeni­s dat navorsers probeer het om sade so oud as 200 jaar te kweek en dit suksesvol kon regkry. — FREDALETTE UYS

BRON: https://bit.ly/2L9snZk

 ?? FOTO: RBG KEW. ?? Die goudsboom (Leucosperm­um
conocarpod­endron), wat van ’n 203 jaar oue saad in die Temperate House in Kew gekweek is.
FOTO: RBG KEW. Die goudsboom (Leucosperm­um conocarpod­endron), wat van ’n 203 jaar oue saad in die Temperate House in Kew gekweek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa