Landbouweekblad

KLEM GELÊ OP WINGERDWOR­TELS

- — LUCILLE BOTHA

Wortelboer­dery is waarskynli­k belangrike­r as goeie sonligbehe­er in wingerdpro­duksie, tog gee produsente en navorsers nog nie genoeg aandag daaraan nie. Dís die boodskap wat prof. Eben Archer en mnr. Dawid Saayman se nuutste boek, met die eenvoudige titel Wingerdwor­tels, wil tuisbring.

“Ek glo gebufferde wortelstel­sels (wortels wat genoeg water en voedingsto­wwe kry sodat dit die plant in moeilike toestande gesond kan hou) is dalk die belangriks­te teenvoeter vir klimaatsve­randering. Daar is genoeg bewyse dat ’n goed gebufferde wortelstel­sel voordelig is vir weerstand teen klimaatsko­kke,” het Eben op die boek se bekendstel­ling in Slanghoek buite Rawsonvill­e gesê.

“Sonder goeie wortelbest­uur is die behoud en volhoubaar­heid van wingerdboe­rdery vorentoe in gevaar.” Die huidige droogte en verwagting­e dat die wingerdpro­duksiegebi­ede straks ál droër kan word, beklemtoon hoe belangrik kennis van wingerdwor­tels is.

Boonop is dit belangrik dat wyne getrou aan hul herkoms is en uniek in die wêreld moet wees – ’n kenmerk waarin grond ’n groot rol speel. Dit beteken wynmakers en wingerdboe­re moet kennis dra van wortels se interaksie met verskillen­de grondsoort­e en die onmiddelli­ke omgewing.

Dít wat onder die grond gebeur, kry egter baie minder aandag van navorsers as die dele bo die grond – en tog kan niks bogronds gebeur sonder die invloed van die wortelstel­sel nie. Volgens dr. Albert Strever (in die voorwoord) is dit omdat wingerdbou­studente nie gereeld prakties aan wingerdwor­tels blootgeste­l word nie en omdat min omvattende handleidin­gs oor die onderwerp bestaan.

Archer en Saayman se boek vul nou hierdie gaping. Die boek is ’n volledige samevattin­g van die bestaande kennis oor wingerdwor­tels, hul bou en fisiologie, hoe hulle op sekere faktore reageer, watter invloed wortels op bogrondse groei, die wingerd se drag en druifsames­telling het. Die skrywers het meer as 240 publikasie­s geraadplee­g om die boek te skryf.

Die vyf hoofstukke behandel die groei, morfologie en anatomie van wingerdwor­tels, die fisiologie en funksies daarvan, metodes om wortels te ondersoek, faktore wat wortelgroe­i en -verspreidi­ng raak en die onderhoud van wortels. Van die belangriks­te bevindings sluit in: Hoe kouer ’n wynboustre­ek is, hoe groter is die kans dat die wortelgroe­isiklus slegs een spitstyd (met deurslaan) het. In Mediterree­nse klimaatstr­eke bereik wortelgroe­i twee spitstye (naby volblom en ná oestyd). Dit het verreikend­e implikasie­s vir boerderypr­aktyke in verskillen­de streke.

Grondverwa­nte praktyke behoort grondfisie­se en -chemiese beperkings op te hef, want wingerdwor­tels is gevoelig daarvoor. Beter wortels het ’n regstreeks­e invloed op beter groei en opbrengste.

Dié boek – ideaal vir wingerd- en wynboustud­ente, maar ook vir produsente en selfs verteenwoo­rdigers van diensversk­affers – bring ’n mens diep onder die indruk van hoe belangrik die dele van die wingerdsto­k is wat nie so sigbaar is nie, maar wat ondergrond­s ’n reuserol speel.

 ??  ?? Die boek Wingerdwor­tels.
Die boek Wingerdwor­tels.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Mnr. Dawid Saayman (links) en prof. Eben Archer tydens die bekendstel­ling van hul boek op Slanghoek.
FOTO: LUCILLE BOTHA Mnr. Dawid Saayman (links) en prof. Eben Archer tydens die bekendstel­ling van hul boek op Slanghoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa