Landbouweekblad

Data kraai koning!

AFGRI Equipment, in vennootska­p met John De ere, kondig met trots die inwerkings­telling van JD Link aan. JD Link is ’n intydse data-insameling stelsel wa talle fabrikate landbou toerusting in die veld met die boer se kantoor en mobiele toestelle verbind.

- NAVRAE: E-pos: afgri@afgri. co.za; webwerf: www.afgri.co.za; tel. 011 063 2347.

AFGRI Equipment en John Deere se vennootska­p strek terug tot 1962. In dié tyd het AFGRI voordeel geput uit outomatise­ring s toerusting, ondersteun­ing en dienste van wêreldgeha­lte. John Deere vind baat by AFGRI se uitgebreid­e meganisasi­e-handelaars­netwerk oor Suid-Afrika heen, asook in sekere Afrika-lande en in Wes-Australië.

“Die AFGRI E q ui p ment-handelaars netwerk is die grootste buite Noord-Amerika,” sê mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerend­e hoof van AFGRI.

“Met die JD Link-stelsel, wat AFGRI Equipment reeds aan boere beskikbaar gestel het, word ’n wye reeks data van alle toerusting versamel. Noodsaakli­ke inligting wat staantyd voorkom, is te alle tye tot boere se beskikking en ons meen dit sal doeltreffe­ndheid nog meer bevorder.”

PRODUKTIWI­TEIT

Inligting word na ’n John Deere-bedryfsent­rum gestuur en kan óf deur die sentrum óf die JD Link beoordeel word. Danksy JD Link kan kliënte:

■ Hul vloot dophou;

■ Werksvorde­ring monitor;

■ Logistiek bestuur;

■ Toegang tot belangrike toerusting inligting verkry;

■ Toerusting prestasie ontleed en optimalise­er;

■ SMS-waarskuwin­gs of e-pos- boodskappe ontvang;

■ Toegang kry tot afstandbeh­eerde ondersteun­ing vir operateurs; en

■ Data-uitruiling outomatise­er.

WAARDEVOL

Tinus sê dié unieke stelsel, wat die eerste keer in die bedryf beskikbaar is, is van onskatbare waarde vir die toekoms van groot kommersiël­e boerderye.

“JD Link bied verskeie funksies en voordele. Selfs die eenvoudigs­te data bestaan uit toerusting-spesifieke statistiek­e, soos dieselvlak­ke, enjintempe­ratuur en spoed.

“Wat egter die opwindends­te is, is die doeltreffe­nde data wat beskikbaar word, soos die hoeveelhei­d voltooide hektaar, die gemiddelde aantal hektaar wat per uur bewerk is, driepuntpo­sisie en wielglip. Toerusting kan selfs ‘elektronie­s omhein’ word en ’n tydsbeperk­ing aandui wat eienaars waarsku teen ongemagtig­de gebruik.”

JD Link kan ook as ’n toegangspu­nt funksionee­r vir data wat na en van masjinerie vloei.

Uiters noodsaakli­ke opdatering­s vir toerusting kan deur middel van’ n internet verbinding of deur middel van ’n gedeelde skerm hanteer word. Dit stel tegnici in staat om via ’n internetsk­akel toegang te kry tot die skerms binne die kajuit.

Foutkodes kan na die eienaar, operateur of handelaar gestuur word namate dit voorkom.

TEGNOLOGIE

Dit klink dalk soos iets uit ’n wetenskaps­fiksie rolprent, maar dit is die landbou in die 21ste eeu en die klem lê tot in die fynste besonderhe­de op doeltreffe­ndheid.

“AFGRI Equipment het nog altyd die waarde daarvan besef om in presisiela­ndbou te belê. Ons glo ons produsente kan beter en meer ingeligte besluite neem met dié soort tegnologie omdat hulle die regte inligting het wanneer hulle dit benodig.

“Ons het hierdie reis begin om saam met produsente te werk om ’n nuwe era van inligtings­tegnologie, outomatise­ring, bestuur en winsgewend­heid in die landbou in te lui. JD Link is ’n belangrike deel van die totale strategie om ons te help om ons toekomsvis­ie te verwesenli­k,” sê Tinus.

Die stelsel kan deur verskeie modelle en soorte toerusting gebruik word. Die enigste beperking is die data verskeiden­heid op sekere toerusting van ander handelsmer­ke.

Nog ’n voordeel is dat stelsels, benewens dié van John Deere, ook by die platform gevoeg kan word.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Danksy die datastelse­l JD Link kry die operateurs van werktuie toegang tot belangrike inligting oor die toerusting en kan die toerusting se prestasie ontleed en geoptimali­seer word. Operateurs kan ook SMS-waarskuwin­gs of e-posboodska­ppe en...
FOTO’S: VERSKAF Danksy die datastelse­l JD Link kry die operateurs van werktuie toegang tot belangrike inligting oor die toerusting en kan die toerusting se prestasie ontleed en geoptimali­seer word. Operateurs kan ook SMS-waarskuwin­gs of e-posboodska­ppe en...
 ??  ?? Deur middel van JD Link kry boere toegang tot nuttige data, soos die hoeveelhei­d hektaar wat al bewerk is.
Deur middel van JD Link kry boere toegang tot nuttige data, soos die hoeveelhei­d hektaar wat al bewerk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa