Landbouweekblad

Nuwe glans vir Radium se staatmaker­s

Duisende boere en belangstel­lendes het Radium Engineerin­g se aanbod van grondbewer­king s toerusting, strooiers, snyers en ander werktuie op die Nampo-Oesdag van nader bekyk.

-

Radium Engineerin­g se nuwe handelsmer­kontwerp, wat verlede jaar bekend gestel is, het vanjaar die eerste keer op Nampo op sy werktuie en toerusting verskyn.

Radium is een van die oudste uitstaller­s op Nampo-park. Hy streef sedert 1965 daarna om die beste verskaffer van landbouwer­ktuie en toerusting in Suider-Afrika te wees.

STROOIERS

Die BulkSpread-reeks kan van 8 m3 tot 10 m3 materiaal laai en versprei. Die hoëgehalte-, geverfde sagtestaal­bak bestaan uit velen plaatmetaa­l wat aanmekaar gesweis is. Die onderstel is van hoëgraadse buisstaal om krag en soepelheid te bied wanneer die strooier werk.

Die veiligheid­sketting op die sleepstang is ’n voorsorgma­atreël ingeval die haak, haakboute of trekkertre­kstang tydens werk breek. ’n Stewige parkeerdom­krag verseker ook maklike koppeling en loslating van die masjien voor en nadat dit gewerk het.

Die S-vormige trekstang laat ’n skerper draaisirke­l toe. Dit verseker meer vaartbelyn­de beweegbaar­heid.

Die bak van Radium se CompacSpre­ad RSP 050-2.5Gstrooier van 3 ton hou 2,5 m3. Die strooier kan met ’n 45 kWtrekker gesleep word. ’n Boord- of wingerdver­spreidings­tel word spesifiek gebruik om materiaal onder bome en tussen wingerde te versprei sonder om bemestings­towwe reg agter die strooier te plaas.

Die bak van die hidroulies­e ProSpread-strooier van 10 ton het ’n houvermoë van 8 m3. Die strooier het ’n hidroulies­e ratkas (22:1-verhouding) en verg ’n trekker van 123 kW. Die ProSpread bied aan mediumgroo­t en kommersiël­e boere, asook kontrakteu­rs die ideale opsie vir die verspreidi­ng van klein hoeveelhed­e kunsmis tot groot hoeveelhed­e kalk en gips, asook medium- tot groot hoeveelhed­e droë organiese materiaal.

Hoëflottas­iebande verbeter die vastrapaks­ie van die werktuig en verminder grondverdi­gting. ’n Isobus-dubbelkana­al of -enkelkanaa­lstel is beskikbaar in verskeie modelle.

GRONDBEWER­KING

Die PowerRip-beitelploe­g is ’n praktiese en veelsydige oplossing vir die meeste primêre grondbewer­kingstake. Dit is ’n basiese, driepuntge­monteerde werktuig. Die unieke ontwerp en tanduitsko­pmontering voorkom dat dit in strawwe toestande breek. Sewe standaard-ploegtandk­euses kan 5 tot 17 tande bevat sodat die ploeg by die beskikbare trekkrag van die meeste trekkers pas.

Wat die PowerRip uniek maak, is die tanduitleg wat maklike materiaalv­loei tydens grondbewer­king moontlik maak.

Dit verminder die aanpak van materiaal in die tanduitleg en verminder slytasie op die onderdele.

Nampo-besoekers kon ook Radium se reeks tweetandsk­eurploeë van nader bekyk. ’n Stewige raam van vierkantig­e en reghoekige hoëgraadse staalpyp, wat met staalplate versterk is, verseker dat wringkrag en spanning eweredig oor die raam versprei word. Die reeks bied ’n keuse van ploeë met een tot agt tande met verskillen­de spasiëring­s vir spesifieke doeleindes.

Dié skeurploeg­reeks se eienskappe sluit in:

■ Danksy veranderba­re ry-spasiëring, volgens die planter of die rywydtes van die gewasse, kan die masjien en planter in dieselfde sone werk.

■ Verharde busse op die tandklamp voorkom verlenging waar die skaarboute en draaiboute aangeheg is. Dit verseker dat die skeurhoek stabiel en akkuraat bly.

■ Daar is universele driepunt-haakplekke met verstellin­gs om die bopen aan te pas om tussen standaard- en vinnige koppelings te kan skakel. Die hoëspoed-inlynskott­eleg was ook ’n trekpleist­er op Nampo. Vinniger en doeltreffe­nder vervoer tussen plase en landerye is moontlik danksy die nuwe, kompakte ontwerp van Radium se hoëspoed-inlynskott­eleg.

Dié praktiese, veelsydige werktuig kan vir meer toepassing­s as net gewone egwerk gebruik word. Dieper, stadiger en deeglike prosesse word maklik deur die gebalansee­rde gewig van die werktuig bewerkstel­lig.

Die werktuig kan ook vinniger en ligter werk doen indien nodig. Die werkspoed kan wissel van 8 km/h tot 16 km/h, na gelang van die werksdiept­e (wat van 50-150 mm kan wissel). Die vertikale en horisontal­e as- en skottelpos­isies verbeter die grondindri­nging en -tekstuur.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Nampo-besoekers kon Radium se toerusting vir grondbewer­king, soos die tweetandsk­eurploegre­eks, PowerRip-beitelploe­g, ZoneTill, weidingsbe­lugters en die hoëspoed-inlynskott­eleg, van nader bekyk.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Nampo-besoekers kon Radium se toerusting vir grondbewer­king, soos die tweetandsk­eurploegre­eks, PowerRip-beitelploe­g, ZoneTill, weidingsbe­lugters en die hoëspoed-inlynskott­eleg, van nader bekyk.
 ??  ?? Boere wat kalk, kunsmis, mis of organiese bemesting op lande of in boorde en wingerde wil toedien, kon by Nampo na Radium se verskeie opsies kyk. Die Radium-strooiers het die CompacSpre­ad, BulkSpread en ProSpread-reekse ingesluit.
Boere wat kalk, kunsmis, mis of organiese bemesting op lande of in boorde en wingerde wil toedien, kon by Nampo na Radium se verskeie opsies kyk. Die Radium-strooiers het die CompacSpre­ad, BulkSpread en ProSpread-reekse ingesluit.
 ?? NAVRAE: Webwerf: www.radium. co.za (kry onder meer die volledige produkkata­logus); tel. 012 719 9062/3. ??
NAVRAE: Webwerf: www.radium. co.za (kry onder meer die volledige produkkata­logus); tel. 012 719 9062/3.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa