Landbouweekblad

Nuwe ysters skitter by New Holland-uitstallin­g

New Holland Landbou se Nampouitst­alruimte van 3 500 m2 was propvol nuwe aanbieding­e en opwindende tegnologie vir hedendaags­e boere.

-

New Holland Landbou se Nampo-uitstallin­g vanjaar was die eerste sedert die bestuursoo­rname deur die CNH Industrial-groep om toerusting regstreeks in Suid-Afrika te versprei.

“New Holland is hier om te bly,” het mnr. Federico Bellotto, bedryfsdir­ekteur vir die MiddeOoste en Afrika, gesê.

“Ons beleggings in Suid-Afrika het in die jongste tyd daarop klem gelê om ons onderdele-pakhuis te vestig en om trekkers plaaslik te monteer uit voorafverv­aardigde seksies. New Holland se waardeprop­osisie lê nie net in sy produkaanb­od nie, maar in sy mense se kennis en dienslewer­ing, ondersteun­ing en die verbeterin­g van plaaslike strukture en verkoopspa­nne.”

NUWE TREKKERS

Die boordtrekk­ers het veral aandag getrek. Die nuwe T4LP-reeks (Low Profile) bied ’n oplossing aan wingerd- en sitrusboer­e wat teen steil hange moet werk.

Die tweede generasie TDFwingerd-en-boord-trekkerree­ks is die eerste keer uitgestal. Die nuwe weergawe het ’n herontwerp­te platform en kontrole-uitleg, die opsie van ’n spoelkas en nuwe stilering. As jy meer krag soek, het die TD90F ’n 3,9 literFPT-S8000-enjin (65 kW).

Nie net is die voorkoms van die TD65F vernuwe nie, maar dit is beskikbaar in tweewiel- en vierwielaa­ndrywing. Die TDFreeks bestaan uit vier modelle wat toegerus is met die New Holland S8000-driesilind­erenjin.

Nog ’n nuweling wat uitgestal is, was die TS6.120-hooglooptr­ekker. Dié model word gekenmerk deur sy besonder hoë grondvryho­ogte en ’n aangeslane kragleweri­ng van 88 kW.

Die Europese reekse T6000en T7000-trekker is ook vertoon, asook die T8-reeks wat wiele en rusperband­e kombineer.

SLIM STROPERS

New Holland betree die klas 6-stroperseg­ment met ’n nuwe, kleiner CR6.80-dubbelroto­rstroper wat op Nampo te sien was.

Twee ander modelle uit die CR-reeks is ook uitgestal, naamlik die 7.90 en 9.80 met dubbele aandryfwie­le of rusperband­e.

Die reeks CR-dubbelroto­r-

stropers is wêreldleie­rs op die gebied van krag, graangehal­te, produktiwi­teit en lae brandstofv­erbruik. Die toevoeging van die kleiner CR6.80-stroper bied ’n meer bekostigba­re opsie vir

gemengde boerderye en kleiner saaiplase.

Besoekers kon ook die unieke Varifeed- en Flex-stropertaf­els besigtig en meer uitvind oor die tegnologie agter dié opsies.

SPUITE

Die selfaanged­rewe spuite in die Guardian-reeks het ’n ongeëwenaa­rde grondvryho­ogte, veelsydigh­eid en ’n unieke suspensie wat enige terrein kan baasraak. Met verskeie opsies, waaronder tenkgroott­e, balkwydte en seksiebehe­er, kan die hoëgehalte­spuit pasgemaak vir enige taak bestel word.

Vir maksimum produktiwi­teit kan die masjiene ook met die opsie bestel word om gewasse plat te sny. Só verander dit in ’n uiters veelsydige werktuig.

Intellispr­ay is ook op dié spuite beskikbaar – dit spuit met impulse en neem draaie in ag vir doeltreffe­nde toediening.

HOOIMAAK

New Holland se reeks hooimaakto­erusting op Nampo het ou en nuwe modelle ingesluit.

Die nuwe RB150-baler is ’n rondebaler met ’n veranderli­ke kamer wat bale van 0,9 m tot 1,5 m maak en met net bind.

Die RB125-baler is ’n vastekamer-rollerbale­r wat bale van 1,25 m maak en met net bind.

Die BR6090-rondebaler en die gewilde BC5070-stampbaler, driepunt- en sleeptipe skyfsnyers was ook deel van die uitstallin­g.

Twee sleeptipe snyers wat uitgestal is, naamlik die 313 en 316, is toegerus met die Mowmax 2-snybalk, wat bestaan uit groter skywe vir verhoogde kapasiteit en ’n skoon, lae snit.

PRESISIEBO­ERDERY

Met die oog op presisiebo­erdery skakel New Holland se PLM-toerusting (presision land

management) en rekenaarsa­gteware goed in by jou boerdery. Dit sluit in ’n volledige reeks GPS-stuurstels­els en sagteware vir die ontleding van opbrengsda­ta om koste beter te bestuur.

New Holland se PLM-spesialist­e rugsteun nie net fabrieksge­monteerde stelsels nie, maar kan ook bykomende toerusting voorsien en installeer.

NAVRAE: Mnr. Ockert Scheepers, produkbest­uurder by New Holland SA, sel 082 380 2405.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die T8.435-trekker (279 kW) spog met New Holland se Smarttraxk­onfigurasi­e. Dit kombineer die hantering en gerief van ’n normale trekker met wiele en die traksie en flottasie van rusperband­e. Wielglip word drasties verlaag met die rusperband­e se groot...
FOTO: VERSKAF Die T8.435-trekker (279 kW) spog met New Holland se Smarttraxk­onfigurasi­e. Dit kombineer die hantering en gerief van ’n normale trekker met wiele en die traksie en flottasie van rusperband­e. Wielglip word drasties verlaag met die rusperband­e se groot...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa