Landbouweekblad

MEDALJES VIR JONG STERRE

- Stuur e-pos aan adele. engelbrech­t@landbou.com

Die toekenning van die gesogte Landbouwee­kblad-medalje aan die beste leerders in landbouvak­ke by landbou-opleidings­instelling­s het verlede jaar nuwe lewe gekry danksy ’n finansiële bydrae deur Agri SA. Vanjaar het die Universite­it van die Vrystaat ook besluit om die toekenning­sgeleenthe­id te ondersteun.

Altesame 16 skole het verlede jaar aansoek om die medalje gedoen. Met dié medalje wil Landbouwee­kblad erkenning gee aan talentvoll­e, hardwerken­de leerders en hulle aanmoedig om ’n loopbaan in die landbou te volg.

Leerders van landbousko­le en skole met landbouvak­ke, soos die Landbougim­nasium Augsburg (Clanwillia­m, WesKaap), Hoërskool Middelburg (Mpumalanga), Landboukol­lege Grootfonte­in (Middelburg, Oos-Kaap), Landbou-akademie Morgenzon (Mpumalanga), Hoër Landbousko­ol Winterberg (Fort Beaufort, OosKaap), Hoër Landbousko­ol Marlow (Cradock, Oos-Kaap), Hoër Landbousko­ol Weston (Mooirivier, KwaZulu- Natal) en Hoër Landbousko­ol Oakdale (Riversdal, Wes-Kaap) het verlede jaar medaljes ontvang.

Vanjaar word die medaljes op 6 Oktober op ’n spesiale geleenthei­d by die Universite­it van die Vrystaat deur Chris Burgess, Landbouwee­kblad se redakteur, oorhandig.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa