Landbouweekblad

BILTONGBED­ERF

Met dié resep en ’n hand vol biltong kan jy enige gas bederf — genooid óf ongenooid!

-

Vanjaar sal die manne nie eens mooi hoef te praat om te gaan jag nie, hulle sal gestuur word om biltong bymekaar te maak!

Al die vakansieda­e vroeg in die jaar laat my weer besef hoe besig ons distrik eintlik is.

Jy sou dink dat ’n sosiale lewe jou verlate sal laat voel op so ’n reuse- stuk aarde soos die Karoo, maar nee, hier kom kuier die mense. Dis oumas, oupas, broers, neefs, niggies en tannies met nat soene en blommerige parfuum. Almal kom inloer op pad na of terug van hul vakansies af.

Ons is mos plaasmense, en plaasmense is lekker mense, so wanneer iemand by die plaashek indraai, moet hulle maar weet wat gaan gebeur: Jou reis gaan lank raak of jy gaan oorslaap.

Vir almal, van die grootste manne met die hardste baarde tot die upstairs tantes met stywe nekkies, het ons al die biltong-quiche voorgesit.

En elkeen het dit met smaak geniet uit my ouma se fyn porseleint­eestel, piepklein vurkies en al.

Vanjaar sal die manne nie eens mooi hoef te praat om te gaan jag nie, hulle sal gestuur word om biltong bymekaar te maak!

 ??  ?? Die biltong-quiche waarvoor selfs hardebaard­e nie nee sê nie.
Die biltong-quiche waarvoor selfs hardebaard­e nie nee sê nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa