Landbouweekblad

Vulsel

-

4 preie, in skyfies gesny 1 eetlepel botter 150 ml kookwater 4 eiers

180 ml melk 200 ml room 1 eetlepel fyn koljander 1 eetlepel heelkorrel­mosterd 1 eetlepel growwe swartpeper 1/2 koppie fyn biltongpoe­ier 1/4 koppie fyngekapte, vars koljander

1/2 koppie sterk kaas

Teen dié tyd behoort jou deeg al bros gebak te wees en besig om af te koel. Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C.

Soteer die preie in botter, voeg die kookwater by en laat smoor tot sag (omtrent 10 minute). Dreineer die water indien daar nog oor is voor die preie sag is.

Klits die eiers liggies en voeg die melk, room, koljander, mosterd en peper by. Strooi die preie, biltongpoe­ier en die helfte van die kaas op die tertkors. Giet die eiermengse­l oor. Strooi nou die ander helfte van die kaas oor.

Bak 45-60 minute tot goudbruin of tot die lem van ’n skerp mes skoon uitkom.

Garneer met vars koljander en bedien warm of teen kamertempe­ratuur. Dit kan vir ’n paar dae in die yskas gebêre word vir daardie onverwagse kuiergaste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa