Landbouweekblad

PROBLEME OP DIE VLAKTE

-

Langer as ’n dekade al sukkel die boere van die Kaapse Vlakte met diefstal van veral gewasse en infrastruk­tuur. Mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, het in ’n onlangse inisiatief om dié boere by te staan om voedselsek­erheid en werkgeleen­thede in die stad te verseker, misdaad as die grootste bedreiging vir hul volhoubaar­heid bestempel.

Vir mnr. Ian Grummbache­r is dit ’n bekommerni­s, maar nie ’n oorlog nie. “Ons is betrokke by die pogings om misdaad hok te slaan. Ons werk nou saam met die owerhede en polisie en ons reik uit na die omliggende gemeenskap­pe, maar dit is nie iets waaroor ons heeldag bekommerd kan wees nie. Ons is hier om te boer, en dit bly waarop ons konsentree­r.”

Daar is egter ’n ander bedreiging vir die boere van Philippi, en dit is geld. Die grond waarop hulle boer, is al gewaardeer vir R400 000/ha en daar is gerugte dat sommige boere al tot R1 miljoen per hektaar aangebied is. Hierdie astronomie­se aanbieding­s kom van ontwikkela­ars wat die geleenthei­d sien om die boerderygr­ond van Philippi in nywerheids- en woongebied­e te omskep.

Tans is daar ’n hofgeding tussen ’n ontwikkela­ar en sekere grondeiena­ars van Philippi oor ’n stuk grond wat tans nog as landbougro­nd gesoneer is, maar waarvoor ’n h ers o nering aansoek ingedien is.

Die bekommerni­s van boere, soos Ian, is dat die oorblywend­e boere bloot van hul grond af geboelie gaan word indien daar te veel ontwikkeli­ng in die gebied begin plaasvind.

“Ons is almal derde-en vierde geslag boere, sommige selfs langer ,” sê Ian.

“Wat gaan ons doen as ons die grond verkoop het?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa