Landbouweekblad

MNR. IAN GRUMMBACHE­R

-

WAT WAS JOU BESTE BESLUIT NÓG?

Om die beste moontlike besproeiin­g te gebruik. Ek gebruik Netafim se oorhoofse presisie besproeiin­g.

HOEKOM IS JY SO ’N GROOT VOORSTANDE­R VAN SAMEWERKIN­G EN VENNOOTSKA­PPE?

’n Mens leer by mekaar. Daar is eintlik nie meer ’n boer wat alleen oor die weg kan kom en dink hy kan al die fasette van produksie, arbeidsbes­tuur, finansiële beplanning, logistieke bestuur, bemarking en strategies­e ontwikkeli­ng onder die knie kry nie. Dit is belangrik om myself met gedrewe, kundige mense te omring en sodoende ’n platform te skep om die volle potensiaal van die kundigheid wat ek na die tafel bring, te laat geld.

WAT IS DIE GROOTSTE BOERDERYFO­UT WAT JY GEMAAK HET?

Om te dink ek weet genoeg en hoef nie raad te vra nie.

WAT STEL DIE GROOTSTE EISE AAN JOU?

Wind, insekte en om aan die voorpunt van vooruitgan­g en neigings te bly.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONMISBAAR?

Genetika. Sonder die beste gene en nuutste kultivars wat die wêreld bied, sou ons lankal nie meer geboer het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa