Landbouweekblad

SPUITE

- FOTO: LIZA BOHLMANN

Die selfaanged­rewe New Holland SP310 Guardian-spuit met ’n enkelspuit­balk wat voor die kajuit gemonteer is, is deur mnr. Nico Dreyer, produkbest­uurder vir stropers en spuite, bekend gestel. Tenkgroott­es op die SP310 Guardian wissel van 3 200 liter tot 6 500 liter. Spuitbalkl­engtes

wissel van 27 m tot 36 m. Die spuitbalk se suspensie is onder die balk aangebring en gee dit ’n speling van 0,5 m op elke wiel om ongelykhed­e in die landery baas te raak. Die spuit het ’n grondvryho­ogte van 1,88 m en die wielbasis is ten volle verstelbaa­r van 3,1 m tot 4,1 m.

Die SP310 Guardian is toegerus

met New Holland se IntelliSpr­ay-stelsel met solenoïede­s wat elke spuitkop individuee­l kontrollee­r by die oop- en toemaaksla­g om produktoed­iening gelykmatig te hou. Die gewigsvers­preiding van die spuit bly ook gelyk na voor en agter, ongeag die vlak van spuitstofo­plossings in die tenk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa