Landbouweekblad

Elektrisit­eit: Boere kry jawoord vir eie verbinding­s

- — NICO VAN BURICK

BOERE sal voortaan hul eie kragaanslu­itings tot die nasionale kragnetwer­k kan bou met die hulp van kontrakteu­rs en diensversk­affers wat deur Eskom goedgekeur is.

Eskom sê in sy aankondigi­ng van die nuwe diens die groot vraag na nuwe elektrisit­eitsaanslu­itings het in die verlede tot opeenhopin­gs en lang wagtydperk­e vir sommige kliënte gelei. “Die agterstand is nou uitgewis, maar om vinniger verbinding­s in die toekoms te verseker, is daar nou hierdie opsie vir nuwe en bestaande kliënte.

“Hierdie selfbou-opsie is beskikbaar aan enige ondernemin­g in die handel-, nywerheido­f landbousek­tor. Kliënte moet daarom aansoek doen wanneer hulle om nuwe aansluitin­gs aansoek doen, of wil opgradeer, of ’n veranderin­g aan ’n bestaande verbinding wil doen,” sê mnr. Khulu Phasiwe, woordvoerd­er van Eskom.

Dr. Requier Wait, hoof van ekonomie en handel by Agri SA, sê die inisiatief word verwelkom. “Om alternatie­we diensversk­affers uit die private sektor te kan betrek, kan boere help om hulle te vergewis van die markverwan­te koste.”

UITDAGINGS?

Wait sê Agri SA is egter bekommerd oor die moontlike administra­tiewe hinderniss­e wat Eskom kan daarstel ten einde goedkeurin­g te gee, en die tyd wat dit kan duur. “Hierdie fyner besonderhe­de is nie in die aankondigi­ng vervat nie.”

Volgens Phasiwe moet aansoekers ’n selfbou-ondernemin­g asook ’n kragvoorsi­eningsoore­enkoms met Eskom aangaan.

Daarna moet hulle ’n kontrakteu­r gebruik wat deur Eskom goedgekeur is om te verseker die regte toerusting word gebruik en dat die werk aan Eskom se gehaltesta­ndaarde en spesifikas­ies voldoen. Nog besonderhe­de en dokumentas­ie is by www.eskom.

co.za beskikbaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa