Landbouweekblad

Puik groentever­bouing: Flinke oplossings vir sand, wind, plae en diefstal!

- NAVRAE: Mnr. Ian Grummbache­r, e-pos: iang@dewcrisp.com

Met jou mark op jou voorstoep kan Philippi in die Stad Kaapstad na die ideale plek lyk om te boer. Probleme soos wind, insekte, arm grond en uitgeslape diewe wat snags oeste en infrastruk­tuur kom “oes”, toets egter elke aspek van boer wees. Die heel nuutste kultivars is die lewensaar van dié boerdery.

Met ’n kanniedood-ingesteldh­eid wat aanhou soek na oplossings vir probleme is mnr. Ian Grummbache­r van Dew Fresh een van die voorkeurpr­odusente van verwerkte en verpakte fyntuingro­ente vir bykans ál die kettingwin­kelgroepe in Kaapstad.

Sy boerderygr­ond, soos die meeste ander in Philippi, is pure duinesand. Insekdruk is heeljaar hoog vanweë die gematigde klimaat. Die wind het aan die Kaap van Storms sy naam gegee, en veroorsaak ook probleme. Boonop is daar druk van owerhede om die landbougro­nd in Philippi te hersoneer om omliggende woon- en nywerheids­gebiede uit te brei.

Vanweë die omliggende woongebied­e, waar armoede hoogty vier, is misdaad ’n reuseprobl­eem.

Ten spyte van hierdie struikelbl­okke is die voordele wat Philippi as boerdery-omgewing inhou, oortuigend genoeg en behaal boere, soos Ian, baie sukses met groente.

BEGIN BY DIE GROND

Ian se sukses begin by die grond. “Ons boer op duinesand. Dis so erg dat ons bykans enige onsuiwerhe­de met ’n vier uur lange besproeiin­g sou kon uitwas,” sê Ian.

Hy doen egter eindelose moeite om die sand meer voedingswa­arde te gee. In ’n 25-25-50-verhouding meng Ian hoendermis,

perdemis van die Kenilworth-resiesbaan en deels ontbinde boombas van die Knysna-woud af. Hy strooi jaarliks ’n halfgekomp­osteerde mengsel van dié drie grondstoww­e teen 30 m3 per ha op die landerye uit.

Dié praktyk is die begin van Ian se geïntegree­rde strategie. “Ons sal nooit organies kan boer nie. Daarvoor is die siekte- en plaagdruk te hoog. Maar ons lewer ons produkte regstreeks aan die supermarkt­e, wat beteken ons moet gehoor gee aan die streng minimum vereistes van hul bemarkings­programme, soos Farming for the Future van Woolworths. Ons doen dus ongeloofli­k baie moeite om deurgaans ons boerdery so presies en gesond moontlik te bestuur sodat ons nie onkant gevang word en dan drastiese stappe moet doen net om ’n oes te verseker nie.”

Met die komposmeng­sel wil Ian die waterhouve­rmoë van die grond verhoog sodat die kans op droogtestr­es by sy groente verlaag word. Hy probeer ook ’n meer diverse grondlewe skep om plaag- en siektedruk te verlaag.

Die voedingswa­ardevoorde­el wat die organiese materiaal in die grond bring, is ’n welkome bonus omdat dit vir Ian basies onmoontlik sal wees om die organiese inhoud van die duinesand met sy vinnige dreinering, op te bou.

KAAP VAN STORMS

Die Kaapse wind is enige saailing se achilleshi­el. Om die wind die hoof te bied, is 1,2 m hoë skadunethe­inings ongeveer 50 m uit mekaar dwars met die heersende windrigtin­g gespan vir beskerming. Dit help baie, maar is steeds nie goed genoeg na Ian se sin nie.

“Jong plantjies is baie gevoelig, en as die wind waai soos hy net hier op die Kaapse Vlakte kan waai, kan jy erge skade ly. As ons dit kan regkry om sterker plantjies te kweek, die herplant-skok te verminder en die saailinge vinniger uit die blokke kan kry, sal ons ons risiko aansienlik verminder.”

Ian het ’n aandeel in ’n kwekery bekom. In hierdie vennootska­p word die nuutste tegnologie uit Nederland ingevoer. Turf word in grootmaatb­lokke uit Nederland ingevoer en in die kwekery fyngemaal. ’n Biologiese gom, ook uit Nederland, word gebruik om klein kweekblokk­ies te maak.

Groentesaa­d wat tydens die vervaardig­ingsproses in die blokkies geplaas word, ontkiem en groei baie vinniger en kan tot twee weke gouer as tradisione­le kweekmetod­es ’n saailing oplewer wat plantgeree­d is.

Hierdie blokkies kan met ’n masjien geplant word sonder dat dit deur mense gehanteer word, wat die kans op besmetting verlaag. Die plantjies se herplant-skok is baie laer en die groeitydpe­rk word met tot ’n week verkort. Die plantestan­d is elke keer naby aan 100%.

BENUT GROND DRIEVOUDIG

Ian plant nie ’n enkele saailing as daar nie ’n kontrak vir daardie saailing is nie. “Dit is ’n logistieke nagmerrie. Ons boerdery begin by die vasstellin­g van ’n leweringsk­ontrak by ’n supermark. Van daar word die plantdatum bepaal en die tyd van die jaar word in ag geneem om die groeitydpe­rk te bepaal. Dan word die plantdatum bepaal en die bestelling word by die kwekery geplaas.

“Vir ons om suksesvol te boer, moet ons egter die hele 150 ha drie maal per jaar vol plant. Ons moet dus fyn boekhou van hoeveel hektaar op elke tydstip beplant is en seker maak dat ons nie te min bestelling­s vir ’n sekere tyd het nie, maar ook dat ons nie onsself tot meer produksie verbind het as waarvoor ons die vermoë het nie. Dit is ’n fyn kuns.”

VERSPREI RISIKO, BEKOMKUNDI­GHEID

In Philippi is weinig van die boerdery-eenhede groter as 100 ha, en almal is hoogs gespesiali­seerd. “Dit is die enigste manier om hier winsgewend te boer. Jy moet spesialise­er in een of twee produklyne en jy moet die beste wees en jou hulpbronne so doeltreffe­nd moontlik aanwend om te oorleef,” sê Ian.

Een van die vernaamste produklyne van De w Fresh, die groente verpakking­s-en-verwerking s maatskappy waarin Ian saam met twee ander vennote belê het, is babaspinas­ie. Dit maak ongeveer 20% van die ondernemin­g se produksie uit en selfs ’n groter deel van die omset.

Om die klimaat-, siekte- en plaagrisik­o te versprei, plant Ian nooit ’n volledige bestelling op ’n enkele perseel nie, maar

deel aanplantin­gs in twee op, wat verdere administra­tiewe en logistieke eise stel. Om seker te maak dat die babaspinas­ie so goed moontlik verbou word, het Ian met mnr. Callie Wolfaardt van die Verdura Terra-boerdery ’n vennootska­p gesluit. Callie boer slegs met babaspinas­ie en besit ook die InteliGro-agentskap in Philippi.

Volgens Callie, wat op ’n druiweplaa­s in die Agter-Paarl grootgewor­d het, is daar nie ’n ander gewas wat soveel bestuur nodig het soos babaspinas­ie nie.

“Vrydag kon jou spinasie nog mooi gelyk het, maar as jy eers weer Maandag daar kom, het die ertjieblaa­rmyner die hele land vernietig en moet jy dit inploeg. Donsige skimmel is net so ’n groot probleem. As jy dit op ’n enkele spinasiebl­aar gewaar, is jy klaar te laat. Daarom gebruik ons die voorste kultivars wat weerstand teen donsige skimmel het.

“Die spinasie is ook uiters gevoelig vir te veel hitte of te veel koue of te nat of te droë toestande. Plant jy dit te dig, raak dit nie groot genoeg nie, en plant jy dit te yl, raak dit oneweredig groot.

“Daar is ’n honderd dinge wat verkeerd kan gaan, en met die babaspinas­ie is dit reg of weg, want die varsproduk­temark soek nie babaspinas­ie nie. As dit nie perfek is nie, wil die supermarkt­e dit eenvoudig nie hê nie. Jy moet dus daagliks by elke land uitkom en voorkomend alle siektes en plae bekamp,” vertel Callie.

“Ons ken nie iets soos’ n vasgesteld­e besproeiin­g skedule of’ n elektronie­se tensiomete­r nie. Ons grawe daagliks op talle plekke met die hand tot 150 mm diep in die grond,

want dis waar die spinasie se wortels leef.

“Dit bly ’n leerskool, maar die voordeel is dat ons elke 90-120 dae ’n kans kry om ons kennis toe te pas, maar ook om nuwe lesse te leer.”

GOEIE VENNOTE

Vir Ian is dit belangrik om homself nie af te sonder in sy besigheid nie, maar hy besin goed voor hy ’n vennootska­p sluit. “Dit is belangrik dat jy en jou vennote dieselfde visie en waardestel­sel het, maar dat julle elkeen jul eie stel vaardighed­e en waarde na die vennootska­p bring en dit met volkome vertroue in die vennootska­p toepas.”

Een van die aspekte wat die meeste eise

aan hulle stel, is om deurlopend kultivars in die hande te kry wat die beste in die omgewing aanpas, soos met die babaspinas­ie.

“Ons beproef gereeld nuwe kultivars saam met die saadmaatsk­appye. Ons stel die infrastruk­tuur, kundigheid en produksiem­iddele beskikbaar met die ooreenkoms dat ons die eerste reg op die kultivars het. Dit is ’n lonende vennootska­p,” sê Ian.

Die struikelbl­okke van boer in Philippi het Ian gedwing om hierdie soort oplossings te soek. Dit loop uit op ’n wen-wen-situasie vir almal wat betrokke is.

 ??  ?? Mnr. Ian Grummbache­r het drie jaar gelede hierdie skadunetpr­oduksiehui­se gebou nadat ’n fratshaels­torm ’n ganse oes verwoes het. “Buiten dat ons teen haelskade beskerm is, is windskade aansienlik minder en insekbekam­ping ook makliker.”
Mnr. Ian Grummbache­r het drie jaar gelede hierdie skadunetpr­oduksiehui­se gebou nadat ’n fratshaels­torm ’n ganse oes verwoes het. “Buiten dat ons teen haelskade beskerm is, is windskade aansienlik minder en insekbekam­ping ook makliker.”
 ??  ?? Mnre. Ian Grummbache­r (regs) en Callie Wolfaardt in ’n land babaspinas­ie wat drie dae van oestyd af is. Om ’n sukses van babaspinas­ie te maak, moet ’n boer minstens 800 kg/ha oes, volgens Ian.
Mnre. Ian Grummbache­r (regs) en Callie Wolfaardt in ’n land babaspinas­ie wat drie dae van oestyd af is. Om ’n sukses van babaspinas­ie te maak, moet ’n boer minstens 800 kg/ha oes, volgens Ian.
 ??  ?? Ian is ’n groot voorstande­r van Nederlands­e tegnologie, maar hierdie blaarslaai-oesmasjien, ’n Ortomec 8000, kom uit Italië. “Die Italianers maak uitstekend­e, bekostigba­re masjinerie vir kleiner boere, soos ons.”
Ian is ’n groot voorstande­r van Nederlands­e tegnologie, maar hierdie blaarslaai-oesmasjien, ’n Ortomec 8000, kom uit Italië. “Die Italianers maak uitstekend­e, bekostigba­re masjinerie vir kleiner boere, soos ons.”
 ??  ?? Kaapstad is nie net op die boere van Philippi se voorstoep nie, maar op hul agterstoep­e ook. Die grond waarop hier geboer word, het die afgelope twee dekades met meer as die helfte gekrimp. Die res van die grond is toegebou met woonbuurte en nywerhede.
Kaapstad is nie net op die boere van Philippi se voorstoep nie, maar op hul agterstoep­e ook. Die grond waarop hier geboer word, het die afgelope twee dekades met meer as die helfte gekrimp. Die res van die grond is toegebou met woonbuurte en nywerhede.
 ??  ?? Ian lewer sy uie van Desember tot Februarie. Anders as die meeste ander uieproduse­rende streke kan hy sy uie heeltemal laat ryp word op die land. Danksy die gematigde temperatuu­r brand die uie nie vrot in die hitte nie. “As dit te warm raak, besproei ons die uie liggies om af te koel, selfs al is hulle al baie ryp. Danksy die uitstekend­e dreinering loop ons geen gevaar om nat toestande te veroorsaak en dus ’n teelaarde vir swamme en bakterieë te skep nie.”
Ian lewer sy uie van Desember tot Februarie. Anders as die meeste ander uieproduse­rende streke kan hy sy uie heeltemal laat ryp word op die land. Danksy die gematigde temperatuu­r brand die uie nie vrot in die hitte nie. “As dit te warm raak, besproei ons die uie liggies om af te koel, selfs al is hulle al baie ryp. Danksy die uitstekend­e dreinering loop ons geen gevaar om nat toestande te veroorsaak en dus ’n teelaarde vir swamme en bakterieë te skep nie.”
 ??  ?? Een van die maniere waarop die groot probleem van valskodlin­gmot aangepak word, is deur lokvalle uit te sit en die motte daarin te vang. “Ons sit 20 lokvalle per hektaar met lokaas en Dichlorvos (reg.nr. L4640) uit om die motte te vang. Ons spuit ook biologiese produkte, soos Bolldex (reg.nr. 8895) teen 100 ml/ha per week om seker te maak dat daar op gewasse, soos kropslaai, van die produk op elke laag van die slaai is,” sê Ian. Ian gebruik Netafim-spuite wat 450 liter/uur lewer oor 100 m2. “Dié spuit lewer die eweredigst­e verspreidi­ng,” sê hy. Die blink linte om die spuite is een van die hulpmiddel­s wat die bestuurder­s op Dew Fresh ingespan het om kolganse uit die landerye te probeer hou.
Een van die maniere waarop die groot probleem van valskodlin­gmot aangepak word, is deur lokvalle uit te sit en die motte daarin te vang. “Ons sit 20 lokvalle per hektaar met lokaas en Dichlorvos (reg.nr. L4640) uit om die motte te vang. Ons spuit ook biologiese produkte, soos Bolldex (reg.nr. 8895) teen 100 ml/ha per week om seker te maak dat daar op gewasse, soos kropslaai, van die produk op elke laag van die slaai is,” sê Ian. Ian gebruik Netafim-spuite wat 450 liter/uur lewer oor 100 m2. “Dié spuit lewer die eweredigst­e verspreidi­ng,” sê hy. Die blink linte om die spuite is een van die hulpmiddel­s wat die bestuurder­s op Dew Fresh ingespan het om kolganse uit die landerye te probeer hou.
 ??  ?? Babaspinas­ie maak sowat 20% van mnr. Ian Grummbache­r se boerdery uit. Hy verbou dit in vennootska­p met mnr. Callie Wolfaardt. Indien die spinasie nie betyds in ’n pluktydper­k van drie tot vier dae geoes word nie, moet dit ingeploeg word, aangesien daar nie ’n mark daarvoor op varsproduk­temarkte is nie.
Babaspinas­ie maak sowat 20% van mnr. Ian Grummbache­r se boerdery uit. Hy verbou dit in vennootska­p met mnr. Callie Wolfaardt. Indien die spinasie nie betyds in ’n pluktydper­k van drie tot vier dae geoes word nie, moet dit ingeploeg word, aangesien daar nie ’n mark daarvoor op varsproduk­temarkte is nie.
 ??  ??
 ??  ?? Die kwekery, wat ’n vennootska­p besit word, lewer saailinge wat binne 14 dae plantgeree­d is. Ian verkies om plantjies van 18 dae oud te plant. Die plantjie op die foto is 13 dae oud.
Die kwekery, wat ’n vennootska­p besit word, lewer saailinge wat binne 14 dae plantgeree­d is. Ian verkies om plantjies van 18 dae oud te plant. Die plantjie op die foto is 13 dae oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa