Landbouweekblad

Landbou vereis samehangen­de beleid

Die onteiening van grond maak nou emosies gaande, maar die debat oor wat die beste landboubel­eid vir Suid-Afrika is, moet nie agterweë gelaat word nie.

- JOHAN WILLEMSE

Die mosie in die Parlement oor die moontlike aanpassing van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te pas het hewige en uiters emosionele debatte ontketen. Die feit dat meer as 140 000 voorleggin­gs in enkele weke gestuur is aan die komitee wat die kwessie ondersoek, gee ’n aanduiding van die groot aantal belanghebb­endes en idees rondom die onderwerp van grond, die landbou en natuurlik woongrond.

Terloops, die kommersiël­e landbou het al etlike jare die standpunt – en dit word nou weer bevestig deur gebeure – dat die behoefte nie noodwendig is aan plaasgrond nie, maar eerder aan ’n eie stukkie grond – nie staatsgron­d of kommunale grond nie – by stedelike komplekse vir ’n woonhuis en ander aktiwiteit­e.

Die landbou het ook al lankal aan die Regering vertel dat titelaktes onontbeerl­ik is vir die suksesvoll­e verspreidi­ng van grondeiena­arskap. Dit het nou in die debatte skielik erkenning begin kry.

Die georganise­erde landbou het in die afgelope paar jaar heelwat bewyse opgebou van geslaagde modelle en wat bereik kan word wanneer die kommersiël­e landbousek­tor en opkomende of nuwe landbouers saamwerk. ’n Mens kan net hoop in die huidige geroesemoe­s kan die suksesvoll­e modelle as riglyne dien vir die pad vorentoe.

Daar is egter twee aspekte wat dikwels in die debat oor grond misgekyk word: Die landboubed­ryf word gekenmerk deur ’n mengsel van boerderyti­pes en terselfder­tyd sal ’n debat moet begin oor wat die regte tipe landboubel­eid vir die toekoms is. As SuidAfrika nie ’n samehangen­de landboubel­eid gaan ontwikkel om die nuwe ontwikkeli­ngs vanweë die groter verskeiden­heid boerderyti­pes vanuit ’n beleidpers­pektief te rig nie, gaan die land weer in slaggate vasval. Die benadering waar die staat selektief net aan swart opkomende boere droogtehul­p gee, is byvoorbeel­d iets wat met hand en tand beveg moet word.

GROTER VERSKEIDEN­HEID

In die debatte kom die idee toenemend na vore dat die landbou in SuidAfrika in die KORTOM

■ Die georganise­erde landbou se standpunt dat titelaktes onontbeerl­ik vir suksesvoll­e grondversp­reiding is, begin inslag vind by die Regering. ■ Die Regering sal ’n landboubel­eid moet ontwikkel wat verskillen­de tipes plase ondersteun. ■ Amerika hersien sy landboubel­eid elke

vyf jaar grondig.

toekoms gegrond gaan wees op ’n groter verskeiden­heid boerderyti­pes as waaraan tot dusver gedink is.

Een van die beste beskrywing­s wat in die jongste jare gepublisee­r is, kom uit die navorsing van proff. Nick Vink en Johan van Rooyen. Dit is bykans tien jaar gelede gepublisee­r, maar daar is nie nuwer landbousen­susdata nie.

Die TABEL gee ’n nuttige opsomming van ’n moontlike klassifika­sie van boere in SuidAfrika. Hierdie tipe verdeling het waarskynli­k nie veel verander in die jongste tien jaar nie, buiten dat die groot kommersiël­e boere effe meer geword het ten koste van middelgroo­t boere.

Boerderye bestaan reeds uit ’n wye verskeiden­heid eenhede. Groot, kommersiël­e plase het buitebeleg­gers en profession­ele bestuur met groot kapitaalbe­leggings.

Kleiner eenhede produseer kommersiee­l met die doel om ’n lewensbest­aan aan die betrokke familie te gee.

Dié boerderye word meestal geklassifi­seer as klein en mediumgroo­t kommersiël­e boerderye. Dit is die kategorie wat in die volgende dekade die vinnigste kan groei, mits die Regering sy idees oor grondhervo­rming reg kan toepas.

Die sowat 35 000 ontluikend­e, kommersiël­e boere van tien jaar gelede sal opskuif na klein kommersiël­e boere. Die kategorie wat sterk groei kan toon, is bestaansbo­ere, wat met die regte beleid kan ontwikkel in ontluikend­e en klein kommersiël­e boere.

Dit sal dus ’n groot mengsel van boerderye gee waaroor SuidAfrika nuut moet begin dink.

GEKOÖRDINE­ERDE BELEID

As die Regering ernstig is om ’n nierassige, kommersiël­e landbousek­tor te skep wat uit verskillen­de boerderyti­pes en groottes bestaan, is dit noodsaakli­k dat ook herbesin word om ’n landboubel­eid te ontwikkel wat die verskillen­de tipes plase sal ondersteun en rig. Dit is iets wat SuidAfrika tans nie het nie.

’n Samehangen­de landboubel­eid verg heelwat navorsing en insette, soos Amerika se sogenoemde “Farm Bill” wat elke vyf jaar grondig hersien word en die landboubel­eid – en dus ook staatsbest­eding – rig. Dit was oor die jare baie suksesvol om die Amerikaans­e landbou te laat groei, want dit verseker ’n samehangen­de landboubel­eid wat al die aspekte omvat ná deeglike navorsing en debat.

Landboubel­eid moet uit ’n samehangen­de pakket bestaan wat die sektor in staat sal stel om sy oogmerke te bereik.

Lande se landboubel­eid het nogal heelwat ooreenstem­mende doelwitte. Die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng (OESO) sê landboubel­eid moet gerig wees op die volgende aspekte: Die lewering van voedsame en bekostigba­re voedsel;

Produsente moet in staat gestel word om hul lewenstand­aard te verbeter deurdat hulle in ’n oop en deursigtig­e handelsomg­ewing kan handel dryf; Ondersteun­ing en aanpassing by klimaatsve­randering en meegaande rampe en die vermoë om risiko’s te kan bestuur; Die verskaffin­g van openbare infrastruk­tuur; Ondersteun­ing om te kan bydra tot ekonomiese groei en ontwikkeli­ng; en ’n Geïntegree­rde benadering tot voedselpro­duksie en voedselvei­ligheid. Interessan­t is dat die OESO bevind het dat sowat 60% van die lande in die groep ’n beleid het om binnelands­e pryse te stut op vlakke wat hoër is as die internasio­nale prysvlakke en ook dat die vlakke van beleidsond­ersteuning aan die landbou in baie lande aan die toeneem is, terwyl steun aan die landbou in Suid-Afrika in die afgelope 20 jaar gedaal het.

Wat is van die elemente waaroor eenstemmig­heid verkry moet word in ’n oorkoepele­nde, samevatten­de beleidsdok­ument wat die landbou kan rig en elke vyf jaar hersien kan word saam met die begrotings­proses? Hulpbronbe­skerming en die bestuur van skaars hulpbronne het op groot skaal agter- weë gebly. Dit sluit veral die waterbronn­e in wat op groot skaal besoedel word. Toegang tot finansieri­ng vir die verskillen­de kategorieë boere moet grondig hersien word. Die Land Bank-model moet uitgebrei word om aan nuwe, kleiner kommersiël­e boere goedkoop, sagte lenings te gee – soos die ou Landboukre­dietraad – met titelaktes as sekuriteit. Navorsing, ontwikkeli­ng en voorligtin­g, asook siekte- en plaagbehee­r moet drasties verbeter. Die beste benadering sal waarskynli­k ’n privaatsek­tormodel wees wat met begrotings­geld, heffings en private projekte gefinansie­r word na behoefte, maar op gekoördine­erde grondslag, soos die graanbedry­f se huidige benadering. Toegang tot markte. Die huidige landboubem­arkingsbel­eid het ten doel om landboubem­arking te dereguleer, wat wel gedoen is. Die dilemma is nou dat landbouver­werking en handel aan die afsetkant so gekonsentr­eerd geraak het dat dit vir boere met kleiner volumes en wat nismarkte wil bedien, baie moeilik is om marktoegan­g op gelyke voet te kry. Die vier supermarkg­roepe oorheers die kleinhande­l en daar is groot verwerkers wat ook die verwerking­sbedrywe oorheers. Die suksesvoll­e vestiging van nuwe, kleiner kommersiël­e boere is in so ’n beleidsomg­ewing gedoem. Gekoördine­erde handelsbel­eid wat in pas is met die binnelands­e ontwikkeli­ngsdoelwit­te van die landbou en ’n mate van beskerming teen goedkoop ingevoerde produkte verskaf, is ’n voorvereis­te vir die sukses van kleiner en mediumgroo­t boere. Staatsonde­rsteuning in die geval van rampe – ongeag ras of plaasgroot­te – moet deel uitmaak van ’n omvattende landboubel­eid om suksesvoll­e nuwe boere te vestig en bestaandes op plase te hou. Gekoördine­erde voedselvei­ligheidsma­atreëls wat deur een regulering­sowerheid toegepas word, is noodsaakli­k. Die owerheid moet ook beheer oor die gehalte van ingevoerde produkte uitoefen. Sekere lande plaas voedselsub­sidies aan armes ook onder die beleidsdoe­lwitte. In Suid-Afrika word dit as deel van sosiale toelaes gesien. Die herbou van die platteland­se ekonomie, infrastruk­tuur en veiligheid is ’n aspek wat verwaarloo­s is. Die agteruitga­ng op dorpe en in platteland­se infrastruk­tuur, saam met die armoede wat daar intree, verhoog die veiligheid­srisiko op die platteland.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa