Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- EBEN DU PREEZ Dr. Eben du Preez is ’n voerkraalk­onsultant.

Wat behels die Suid-Afrikaanse wette oor hormoonbeh­andeling by diere, spesifiek beeste en Boerbokke? Kan ’n mens Ralgro vir skape ook by bokke gebruik? Wat sal die uitwerking op kapaters en ooitjies wees?

Daar bestaan geen “wette” oor hormoonbeh­andeling nie. Die begrip “groeibevor­deraars” word gebruik vir die implantate wat by skape en beeste gebruik word om presies dit te doen wat die naam sê. Die doel van groeibevor­deraars is om die produksiek­oste van ’n skaap- of beesboerde­ry te verlaag deurdat swaarder lammers of kalwers gespeen word en diere winsgewend­er afgerond en slaggereed gemaak word.

Twee soorte implantate word gebruik, naamlik dié wat Zeranol bevat en die soorte wat verskillen­de konsentras­ies van manlike en vroulike hormone en/ of hormoonnab­ootsers bevat.

Die implantate wat Zeranol bevat, word Ralgro (reg.nr. G1082, Wet 36 van 1947) genoem en is geklassifi­seer as ’n plantaardi­ge stof afkomstig van ’n gistingspr­oses. Dit is ’n nie-hormonale stimulant. Die hormonale implantate is vir die voerkraalb­edryf bedoel om daar groei te bevorder.

Ralgro vir skape word aanbeveel vir gebruik by skape. Hoewel dit by bokke behoort te werk, is dit nie vir gebruik by bokke geregistre­er nie. Die middel kan dus slegs op aanbevelin­g van jou eie veearts voorgeskry­f word.

Ralgro het min of meer dieselfde voordelige uit- werking by manlike én vroulike diere — dus kapaters én ooitjies.

Ralgro vir skape bevat 12 mg Zeranol en kan van ses weke af ingeplant word. Dit kan weer ná 30 dae herhaal word by lammers wat bestem is vir die voerkraal of uiteindeli­k geslag gaan word. Dit word nie vir teeldiere aanbeveel nie.

Zeranol stimuleer die hipofise wat groeihormo­onafskeidi­ng verhoog. Dit het tot gevolg dat beengroei (raamwerk) en spiergroei verbeter en vetneerleg­ging verlaag. Dit stimuleer ook insulienaf­skeiding deur die pankreas, verbeter eetlus en dwing meer suiker in die spiere in. Dit verhoog ook die insulien-groeihormo­on wat spierweefs­elkerne vermeerder.

Zeranol het verder ’n kalmerende uitwerking op die diere met gevolglike makliker aanpassing, minder stres en verbeterde immuniteit deurdat die kortisolvl­akke verlaag word.

Met ’n beter voeromsett­ing, verhoogde uitslagper­sentasie en verhoogde daaglikse gewigstoen­ame lewer die implantaat dus ’n goeie opbrengs op die belegging. Dit is egter belangrik dat bestuur en voeding ook op standaard moet wees om die volle voordeel van die belegging in implantate te verkry.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Ralgro vir skape kan gebruik word by lammers wat bestem is vir die voerkraal of uiteindeli­k geslag gaan word. Vir die beste werking moet bestuur en voeding egter ook op standaard wees.
FOTO: JOHAN NORVAL Ralgro vir skape kan gebruik word by lammers wat bestem is vir die voerkraal of uiteindeli­k geslag gaan word. Vir die beste werking moet bestuur en voeding egter ook op standaard wees.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa