Landbouweekblad

Markte

- — CARIEN KRUGER

Die gemiddeld sowat 19 miljoen braaihoend­ers per week wat in Januarie vanjaar in Suid-Afrika geprodusee­r is, was 11% meer as ’n jaar gelede.

Luidens die SA Pluimveeve­reniging (SAPV) se jongste produksiev­erslag was die gemiddelde produsente­prys van braaihoend­er in Januarie 9,8% hoër as in die ooreenstem­mende maand verlede jaar.

Verlede jaar was die produsente­prys van braaihoend­er gemiddeld R21,44/kg, wat R2,79 (15%) hoër was as in 2016. Die produsente­prys van gemengde, kitsbevror­e stukke was in Januarie gemiddeld R23,55/ kg, wat 13,2% hoër was as in Januarie verlede jaar.

Die SAPV sê die groot prysstygin­g moet gesien word teen die agtergrond van ’n bitter klein styging vir dié snitte in 2016.

Die invoer van bevrore stukke aan die been uit Europa wat met plaaslike kitsbevror­e stukke meeding en sonder invoertari­ewe die land binnekom, het verlede jaar drasties gedaal vanweë voëlgriep in Europa. Brasilië, wie se produkte onderhewig is aan invoertari­ewe, het die geleenthei­d aangegryp en was verlede jaar die belangriks­te bron van ingevoerde hoender.

In Maart vanjaar, soos die hele verlede jaar, het sowat 60% van ingevoerde hoender uit Brasilië gekom en die naasmeeste (24%) uit Amerika. In Maart vanjaar is 30,7% meer braaihoend­erprodukte as in Maart verlede jaar ingevoer.

Van Januarie tot Maart was die geakkumule­erde hoeveelhei­d bevrore stukke aan die been wat ingevoer is, egter 17,9% laer as in die eerste drie maande van verlede jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa