Landbouweekblad

HELP, EN WEN!

-

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing (SA Jagters) steun reeds sedert 2016 swaar op skenkings om die regskoste te dek van die hofsaak wat hy gebring het om onduidelik­hede in wetgewing oor die hernuwing van vuurwapenl­isensies op te los. Tot dusver beloop dié koste R2,25 miljoen. Enigeen wat minstens R50 skenk, kom in aanmerking om dié jaggeweer, gemaak deur mnr. Ossie Penzhorn van Orpen Wapens in Kroondal, Rustenburg, te wen. Dit is ’n 9,3x62-kaliber geweer met ’n K98-aksie, ’n Walther-loop, ’n kolf van Turkse okkerneuth­out en gravering met 24 karaat goud. Die handelswaa­rde is R135 000. Besoek https://bit.ly/2kSeLWt vir nog inligting.

 ?? FOTO: SA JAGTERS ??
FOTO: SA JAGTERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa