Landbouweekblad

‘NIE ONGRONDWET­LIK’

-

Die Grondwetho­f het kort voor druktyd beslis teen SA Jagters se aansoek dat sekere dele van die wetgewing wat met die hernuwing van vuurwapenl­isensies verband hou, as ongrondwet­lik verklaar moet word. Die wet maak nie voorsienin­g vir aansoeke om hernuwing wat laat ingedien is nie. Die Noord-Gautengse hooggeregs­hof het verlede jaar bevind die wetgewing kom neer op ongelyke behandelin­g en ontneem sekere vuurwapene­ienaars van hul reg op eiendom. Die Grondwetho­f het egter bevind dis nie die wet self wat burgers ongelyk behandel nie, maar ’n vroeëre, tussentyds­e bevel in ’n vorige hofsaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa