Landbouweekblad

NUWE BEGIN

-

Bayer, Monsanto se nuwe eienaar, het verlede week aangekondi­g dat hy so vroeg as Augustus al van die Monsanto-handelsmer­k ontslae wil raak. Dit is wanneer die samesmelti­ng van $66 miljard na verwagting voltooi sal wees. Volgens die

Washington Post het mnr. Liam Condon, voorsitter van Bayer se oeswetensk­apafdeling, aan joernalist­e gesê dié stap is deel van ’n breër strategie om verbruiker­s se vertroue te herwin. In ’n afsonderli­ke verklaring sê mnr. Werner Baumann, uitvoerend­e hoof van Bayer, die maatskappy wil pogings versterk om in gesprek met kritici te tree. Dit kom nadat Monsanto oor jare heen die bekendste teiken van omgewingsa­ktiviste se stryd teen GMO’s geword het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa