Landbouweekblad

STOP DIÉ POLITIEKER­Y

-

Die landbou moet nie verpolitis­eer word nie, was deel van mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se boodskap toe hy sy departemen­t se begroting van R7,165 miljard in die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel gelê het. Hy het verwys na AfriForum wat internasio­naal die boodskap van ’n volkslagti­ng van wittes versprei wat uit die huidige debat oor grond spruit. Hy het Agri SA geloof dat die organisasi­e hom teen die misleidend­e veldtog uitgespree­k het en aangedui het dat plaasmoord­e eintlik die minste in 20 jaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa