Landbouweekblad

DOODLOOPST­RAAT

-

Vrystaat Landbou (VL) se jare lange pogings om deur hofgedinge ’n oplossing te bewerkstel­lig vir die haglike toestand van die grenspad langs die Caledonriv­ier aan die Lesothogre­ns, het tot ’n einde gekom toe die Grondwetho­f onlangs ’n aansoek om verlof tot appèl teen ’n vorige uitspraak téén die VL van die hand gewys het. Die swak padtoestan­de maak dit amper onmoontlik om oorgrensmi­sdaad uit Lesotho te bestry. Mnr. Francois Wilken, voorsitter van die VL, sê die organisasi­e gaan nou op politieke vlak probeer om die veiligheid­skwessie op te los.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa