Landbouweekblad

HET JY GEHOOR?

-

‘Niemand gaan wen nie.’

MNR. HANNES DE WAAL, besturende direkteur van die Sondagsriv­ier-sitrusmaat­skappy, oor die gewelddadi­ge staking in die gebied. Bl. 20 ‘Die plaaslike verbruiker dring óók aan op inligting oor waar sy kos vandaan kom.’ DR. PIETER VERVOORT, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m, oor die nodigheid van ’n nasionale naspeurbaa­rheidstels­el vir rooivleis. Bl. 20 ‘Hoekom sal ons plaaslike maatskappy sojameel invoer as hy dit in Suid-Afrika goedkoper kan koop?’ MNR. JAMES STEPHEN, boer van Vrede, oor tonne Zambiese sojameel wat ’n ondernemin­g naby hom aangekoop het. Bl. 24 ‘Hoe besiger die pad, hoe gevaarlike­r vir jou beeste.’ MNR. WILLIE CLACK, voorsitter van die nasionale veediefsta­lvoorkomin­gsforum, oor die risiko vir boere om deur te loop onder wrede veediewe wat diere lewend opkap. Bl. 16 ‘Dit sal waarskynli­k tot die likwidasie van die ondernemin­g deur die sakereddin­gspraktisy­n lei.’ ME. LINDA PAGE, woordvoerd­er van die Departemen­t Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, oor die lot van die wynplaas Solms-Delta nadat die staat sy geldelike steun onttrek het. Bl. 21

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa