Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

Die gemeenskap­sregte-organisasi­e Tshintsha Amakhaya wys in ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa daarop dat daar tans 1 127 hangende uitsetting­sake in die Drakenstei­n-munisipali­teit is, ondanks sy ondernemin­g in 2014 dat alle plaasuitse­ttings beëindig sal word. In 2015 sou ’n verdere gesprek plaasvind om “konkrete oplossings” vir die landbou se probleme te soek.

Volgens hersiening­s van die Wet op die Uitbreidin­g van Verblyfsek­erheid (Esta), sowel as groot ondersoeke en resolusies uit talle nasionale berade, is die grootste mislukking van Esta in die afdwinging van die riglyne oor uitsetting en die reaksie op onwettige uitsetting­s.

Verder is daar omtrent geen poging aangewend om doelgerig die meganismes in artikel 4 van Esta te gebruik wat daarop gemik is om die regte van bewoners te verbeter tot volle eienaarska­p deur aan hulle grond te voorsien om op te woon, gewasse te verbou en vee aan te hou nie.

Dit sal na verwagting 150 jaar duur om die restitusie program vir die nagenoeg 20324 eise van huur arbeiders te verwerk. Intussen word daar voortduren­d uitsetting­sbevele op plaaswerke­rs en huurarbeid­ers beteken. Ná uitsetting­s verloor dié mense hul regstatus om voordeel te trek uit Ramaphosa se beloftes om hulle vir grondhervo­rming te oormerk. Die beskerming van hul regstatus op plase en ’n moratorium op uitsetting­s is die eerste stappe om dié oogmerke te verwesenli­k.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa