Landbouweekblad

AUGSBURG SE LEERDERS GEE TAMFIAT’N NUWE ASEM

- — HELÉNE BOOYENS

’N MATRIEKSEU­N van die Landbougim­nasium Augsburg op Clanwillia­m het sy skool bykans R16 000 bespaar deur self die skool se ou Fiat 480-boordtrekk­er te restoureer – net betyds vir oestyd. “Hy blink nou weer soos ’n nuwe trekkertji­e,” vertel Willem Boonzaaier, voorsitter van die junior landbouver­eniging en koshuishoo­fseun van Huis Awie.

Hy het verlede jaar besluit om dié langtermyn­projek aan te pak, veral aangesien dit mooi by hul landbouteg­nologie-leerplan inpas. Klasmaats het hand bygesit en Willem het onder die toesig en leiding van sy pa, Jan, en onderwyser, mnr. Philip Ferreira, met herstelwer­k weggesprin­g.

Veral die ratkas het probleme gegee, sê Willem. “Die tweede rat nie wou ingaan nie en die derde rat het uitgesprin­g.”

Cederberg Trekkers en Implemente op Citrusdal het onderneem om die ratkas gratis te herstel. “Ek en Hendre Smith het intussen die panele reggemaak en gespuit. Toe die ratkas terugkom, het ek en Gustav Kruger dit ingesit. Daarna het ek die ratkas en enjin oorgespuit en die panele teruggesit.

“Die trekker is toe gediens. Die enjin- en ratkasolie is afgetap en vervang, asook alle filters.”

Om die bedrading oor te doen, was die moeilikste deel.

“Ná al die gesweet wou die trekker nie aanskakel nie. Ek het onmiddelli­k begin twyfel in my outo-elektriese werk, maar toe besef die aansitter is foutief. Ná ’n groot gesukkel het ek ’n tweedehand­se een opgesit.”

Mouton Citrus en Augsburgpl­aas het geld geskenk om verf, ratkasonde­rdele, olie, filters, kopligte en ’n aansitter te koop. Om die trekker by ’n gesertifis­eerde werkswinke­l te laat restoureer, sou byna R26 000 gekos het.

Willem en sy mede-leerders se laat nagte het die skool uiteindeli­k sowat R16 000 bespaar.

Boonop kon die landbouteg­nologie-klas praktiese ondervindi­ng opdoen. “Almal het iets geleer,” sê Willem.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Fiat 480-boordtrekk­er voor dit gerestoure­er is (links) en ná restourasi­e (bo). Willem Boonzaaier staan by die gerestoure­erde trekker.
FOTO’S: VERSKAF Die Fiat 480-boordtrekk­er voor dit gerestoure­er is (links) en ná restourasi­e (bo). Willem Boonzaaier staan by die gerestoure­erde trekker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa