Landbouweekblad

NATTER WINTER IN DELE VAN DIE SWARTLAND

- — AMELIA GENIS

DELE van die Swartland het tot dusver aansienlik meer reën gekry as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar.

Mnr. André Kirsten van die Kirsten-boerdery by Darling sê hy het 90 mm reën in Mei gekry en tot dusver 60 mm in Junie.

Hy sê die kanola het bietjie ongelyk opgekom, maar meen dit sal verbeter. Volgens hom begin sy damme ook water kry en het hy selfs ’n bietjie medics en opslag vir sy skape. “Maar die droogte is nog nie gebreek nie.”

Die koring en kanola lyk vanjaar aansienlik beter waar hy boer, sê mnr. John Slabber van die plaas Skilpadvle­i, Moorreesbu­rg. “Die reën het mooi gekom. Ons het 44 mm in Mei gekry teenoor verlede jaar se 3 mm. Die reën is vanjaar ook betyds. Verlede jaar het ons ons eerste reën eers op 7 Junie gekry.”

Mnr. Francois Eksteen van Witklei, Piketberg, sê hulle het nog min reën gekry, maar die koring

en kanola wat hulle geplant het, het opgekom.

SKAARS

By Napier, waar mnr. Kosie van Zyl van die plaas Hansiesklo­of boer, het die graan mooi opgekom, maar dit is baie laat en droog. Hulle het 7 mm reën in Maart gekry, 11 mm in April en 20 mm in Mei.

“Ons het nie weiding nie. Die medics en swarthawer het mooi ontkiem en opgekom, maar dit moet eers sterk raak. Ons sal dit nie voor einde Julie kan laat bewei nie. Ons gebruik nou ons lusernkamp soos ’n voerkraal. Die lusern bot, maar groei nie.”

Mnr. Richard Krige van die

landgoed Boontjiesk­raal sê by Caledon lyk dit beter as in die vorige vier jaar, en alles het egalig opgekom. “Junie is tradisione­el ’n natterige maand. Ons moet dus nou goeie reën kry.”

Hy is egter bekommerd oor die droogte in die graangebie­de oos van Riviersond­erend en wes van Moorreesbu­rg.

Boere in die Overberg en SuidKaap het baie ruvoer aan boere in droogteget­eisterde dele van die land geskenk, maar Krige sê die gebied se ruvoer is nou op. Hy sien op sosiale media hoe boere ruvoer soek. “Hulle wil ruvoer koop, maar daar is net nie voer beskikbaar nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa