Landbouweekblad

SA moet vir Afrika die pad aandui

- — NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA het die beste kans om transforma­sie in die landbou te laat werk. As SuidAfrika dit nie regkry nie, gaan dit ook nie in die res van Afrika gebeur nie, sê dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboer­eorganisas­ie.

Hy het op Aartappels SA se transforma­siesimposi­um in Pretoria gesê om die landbou in Afrika tot sy reg te laat kom, is moderniser­ing, meganiseri­ng en kommersial­isering noodsaakli­k. “Al die beperkinge waarmee lande in die res van Afrika sit, is reeds in SuidAfrika oorkom of dit is besig om te gebeur,” sê De Jager, wat die afgelope vier jaar 44 lande in Afrika besoek het.

Hy sê elke generasie het sy eie oorlog wat hy nie durf oordra aan sy kinders nie omdat hulle hul eie stryd sal hê.

“Die oorlog waarmee ons generasie op die hele vasteland sit, is een teen armoede en hongersnoo­d. Dit help ook nie om dit net in SuidAfrika te wen nie, want dan sal die res van Afrika se mense hierheen stroom,” sê hy.

ONDERBENUT

Hy het gesê die slagveld vir hierdie oorlog is 46% van die wêreld se onderbenut­te grond en 81% van die wêreld se onderbenut­te grondwater.

“Daarby het Afrika die beste gemiddelde klimaat. Die vasteland het alles wat geld nie kan koop nie. Nogtans is die onderlinge handel op die vasteland minder as 3%.”

Hy meen geen bedryf kan vinniger welvaart skep as die landbou nie. Wat kortkom, is waardekett­ings, finansieri­ng, tegnologie en kundigheid, wat deur beleggings verkry kan word. Leemtes wat Afrika moet oorkom, is gebrekkige finansieri­ng, politieke risiko’s, gebrekkige infrastruk­tuur, ’n gebrek aan markte, grootskaal­se korrupsie, grondgrype en ’n siening dat die landbou net ’n leefstyl is en nie ’n sakeondern­eming nie.

“Die keersy is dat Afrika nog nooit so gereed was vir ’n landbourev­olusie as nou nie. Ek is opgewonde oor wat alles ontsluit kan word deur programme, soos Nepad. Daarby het selfone ’n drastiese verbeterin­g in kommunikas­ie teweeg gebring. Boere kan maklik met mekaar praat oor grense heen.”

SKEP WELVAART

Hy sê jong mense het ook besef dat daar geld te make is in die landbou. “Daar is ’n siening dat die landbou nie sexy vir die jong mense is nie, maar ek kan julle verseker niks is so sexy soos winsgewend­heid nie.”

De Jager glo ook nie in kleinskaal­se boerderye nie. Hy sê dit is net ’n armoedelok­val.

“Die enigste mense wat uit kleinskaal­se boerderye geld maak, is die mense wat boeke daaroor skryf. Daar is net een manier om uit armoede te ontsnap en dit is om welvaart te skep. Daar moet ’n winsmotief en ’n strewe wees om die boerdery te laat groei as ’n sakeondern­eming.

“Koöperasie­s kan ’n towerstaf in die hande van kleinboere wees. Saam kan hulle meer bereik omdat hulle die skaalvoord­ele kan benut, maar groei en vooruitgan­g moet die hele tyd die motief wees.”

‘Kleinskaal­se boerderye is net ’n armoedelok­val.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa