Landbouweekblad

CHINA SAL BEPAAL OF GOEIE WOLPRYSE HOU

- — FREDALETTE UYS

DIE Suid-Afrikaanse wolmark het vanjaar op ’n algehele rekordvlak van R211,99/kg vir skoonwol gesluit. Dit is 39% hoër as waar die mark verlede jaar gesluit het en 12,9% hoër as aan die begin van die seisoen.

Mnr. Guillau du Toit, voorsitter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV), sê die wolbedryf beleef ’n supersiklu­s wat reeds die afgelope 26 maande duur. Die vorige supersiklu­s in die 1980’s was van korte duur, maar daar word verwag dat die huidige siklus sal voortgaan.

Die totale Suid-Afrikaanse wolskeerse­l was nagenoeg 49 miljoen kg. Dit is ’n afname van 3 miljoen kg teenoor die vorige seisoen, hoofsaakli­k weens die droogte. Caledon is die distrik wat die meeste wol gelewer het.

Die grootste koper vanjaar was China. Die Tsjeggiese Republiek was die grootste aankoper uit Europa. Wol is in hierdie lande gewild vanweë die nuwe modeneigin­gs en die vraag na natuurlike vesels.

“Die boere het ondanks die droogte steeds ’n briljante vertoning met hul skeersel gelewer, dit was die mens teen die natuur. Ek glo egter die goeie pryse was ’n uitkoms vir baie boere,” het Du Toit in sy voorsitter­sverslag op die NKWV se jaarlikse kongres in Port Elizabeth gesê.

Du Toit sê boere moet in pas bly met die huidige neigings in die wolmark en hul praktyke daarvolgen­s aanpas.

Mnr. Derick Pape van die wolkoper Modiano sê die mark vra langer wol, en daar is steeds te veel kort wol uit die Suid-Afrika. Daar is ook ’n groot vraag na mediumwol in die spektrum van 20,5 mikron tot 22 mikron.

Mnr. Isak Staats, bestuurder van wol en bokhaar by BKB, sê die pryse was op die laaste paar veilings hoog omdat verwerkers moes spring om wol te koop sodat hulle nie in die komende agt weke sonder wol sit nie.

Mnr. Louis de Beer, bestuurder by Cape Wools, sê die wolmark word tans hoofsaakli­k aangedryf deur die vraag na lang fynwol van goeie gehalte. Dit blyk onder meer daaruit dat die rekordprys vir fynwol in die afgelope seisoen vier keer verbeter is.

Op die laaste veiling is ’n rekordprys van R230/kg betaal vir drie bale BH-wol van 16,8 mikron met ’n skoonopbre­ngs van 78,45 % van mnr. Christiaan Wagenaar van die plaas Bloemhof in die distrik Jamestown.

GROOT AFWAGTING

Verskeie belanghebb­endes in die bedryf benadruk dat boere die nodige tyd in die skeerskuur moet deurbring om goeie klassering­standaarde te handhaaf en besoedelin­g te vermy. Hulle moet ook hul skape gesond hou vir goeie, gesonde wol met ’n goeie treksterkt­e en lengte, en by die kode vir beste praktyke vir wolproduks­ie hou.

Staats verwag dat die mark

dieselfde vlakke in die volgende seisoen sal handhaaf, maar dat daar nie noodwendig weer sulke stygings ervaar sal word nie.

“Die bedryf is in groot afwagting oor die wintermode­s in China. Ons hoop en vertrou dat die klem op natuurlike vesels sal bly,” sê mnr. Heinrich Victor, bestuurder van natuurlike vesel by CMW/OVK. Hy sê die wisselkoer­s kan ook ’n bepalende faktor wees.

SLENKDALKO­ORS

Boere word aangeraai om gedurende die wintertyd die nodige voorkomend­e stappe teen slenkdalko­ors te doen nadat ’n geïsoleerd­e geval onlangs naby Jacobsdal aangemeld is.

“Dit is nie ’n kwessie wat ligtelik opgeneem moet word nie. Gaan versprei die boodskap dat boere tydens die winter voorsorg moet tref voordat die somerreënt­yd weer begin. Bestel die entstof betyds omdat Onderstepo­ort Biologiese Produkte net entstof gaan vervaardig as daar ’n vraag is,” sê Victor.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: JOHAN NORVAL ?? Mnr. Guillau du Toit
FOTO’S: JOHAN NORVAL Mnr. Guillau du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa