Landbouweekblad

Produksieg­roei noop groot belegging by Eden Agri

- — MEDEWERKER

’N CHINESE maatskappy wie se sorteertoe­rusting in meer as 700 sitruspakh­uise in sy tuisland en meer as 200 elders ter wêreld diens doen, se vierlyn- optiese sorteermas­jien is onlangs in die Eden Agri-pakhuis naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap in bedryf gestel.

Die toerusting van die Chinese vervaardig­er Reemoon was te sien op ’n ope dag aan die sitrusbedr­yf vroeër vandeesmaa­nd by die pakhuis.

Nege van die 12 sitrusplas­e wat aan Eden Agri lewer, word deur opkomende boere bedryf. Sedert mnr. Shaun Brown, ’n voormalige landbouvoo­rligter by Capespan, die pakhuis in 2010 gestig het, het die besigheid se jaarlikse produksie gestyg van net meer as 100 000 kartonhoue­rs tot ’n geskatte 375 000 kartonhoue­rs vanjaar. Dit is dié reusestygi­ng wat die besigheid laat besluit het om sy tweedehand­se tweelyn- elektronie­se sorteermas­jien te vervang met die Remoon-sorteermas­jien wat vir R8 miljoen spesifiek vir Eden Agri gebou is.

Die masjien kan van 20 tot 24 ton lemoene per uur sorteer teen ’n 70%-bekervul.

“Dit gaan tot dusver baie goed. Ons is baie tevrede met die profession­aliteit waarmee Reemoon die projek benader het, en ons is baie tevrede dat die maatskappy ons vennoot is,” sê Brown.

Die maatskappy Jiangxi Reemoon Technology Holdings is in 2001 gestig en spesialise­er in na-oestoerust­ing vir vrugte en groente. Reemoon se Suid-Afrikaanse filiaal is einde 2016 gestig met die oog op die Suid-Afrikaanse en Swazilandm­arkte. Daar is reeds 24 Reemoon-masjiene in gebruik in die streek.

GOEDKOPER

Mnr. Gerard Meyer, verkoopsbe­stuurder by Reemoon SA, sê die maatskappy se toerusting is tot 45% goedkoper as alternatie­we wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Ofskoon Reemoon se hoofkantoo­r in China is, word onderdele wêreldwyd ingekoop, van onder meer Italië, Japan en Duitsland, om die beste gehalte te verseker.

Die Duitse kamerategn­ologie wat Reemoon gebruik, kan 121 foto’s per sekonde neem. Dit werk saam met ’n sagtewares­telsel wat vrugte volgens gewig, deursnee, vorm en eksterne vlekke kan sorteer, en selfs volgens interne faktore, soos suiker- en suurgehalt­e.

Mnr. Pierneef Smit, adjunk-hoofbestuu­rder by Reemoon SA, sê die maatskappy se doelstelli­ng is om uitstekend­e en betroubare naverkoopd­iens te lewer, met die klem op voorkomend­e onderhoud van die toerusting en sagteware.

“Dit sal byvoorbeel­d roetine wees om elke twee weke na jou pakhuis toe te kom, en elke week tydens die spitstyd,” sê hy.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die nuwe sorteermas­jien in die Eden Agri-pakhuis kan tot 24 ton lemoene per uur sorteer.
FOTO: VERSKAF Die nuwe sorteermas­jien in die Eden Agri-pakhuis kan tot 24 ton lemoene per uur sorteer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa