Landbouweekblad

LEER BY VOORSTE KENNERS OOR BEWARINGSL­ANDBOU

- Landbouwee­kblad, – AMELIA GENIS

Bewaringsl­andbou Wes-Kaap (BLWK) se jaarlikse Jack Human-bewaringsl­andbouweek vind vanjaar op 7 en 8 Augustus plaas.

Die konferensi­e en praktiese dag, wat met die samewerkin­g van LandCare Wes-Kaap en die Wintergraa­ntrust gehou word, bring sprekers uit Wes-Australië, die Vrystaat en die Wes-Kaap byeen.

Op die konferensi­e op 7 Augustus val die klem op boere se ervaring met verskillen­de aspekte van bewaringsb­oerdery. Mnr. Trevor Syme, ’n boer van Wes-Australië, praat oor die noodsaak van beheerde spoorverke­er, en mnr. Hume Schönfeld, ’n boer van Caledon, vertel van sy ervaring met beheerde spoorverke­er.

Mnr. Clint Della Bosca, voorsitter van die Wes-Australies­e geenbewerk­ingsboerev­ereniging (WANTFA), sal praat oor sy ervaring met boerdery in ’n gebied met ’n lae reën.

Mnr. Izak Dreyer, ’n boer van Vrede in die Vrystaat, gaan oor dekgewasse en beweiding praat, en mnr. Andries van der Poll, ’n nuwe-era-graanboer

van Gouda, oor sy vordering in die graanbedry­f.

Die dag word afgesluit met ’n praatjie oor onlangse navorsing deur dr. Craig Galloway, navorser oor volhoubare landbou by Trace & Save, oor grondgeson­dheid by weidings. Dr. Hendrik Smith van Graan SA en me. Lorren de Kock van Blue North gaan praat oor die koolstofsp­oor van koringverb­ouing in die Wes-Kaap.

PRAKTIESE DAG

Proewe wat tydens die praktiese dag op 8 Augustus op die proefplaas Tygerhoek besoek word, sluit in dekgewasse en opvolggewa­sse, die gebruik van vooropkoms­onkruiddod­ers saam met ’n skyfplante­r, ’n skyfplante­rproef met verskillen­de saaidigthe­de en kunsmistoe­diening met planttyd, ’n luserninsa­aiproef, ’n proef oor mikrobiese funksionel­e groepe en proewe oor ’n biologiese benadering tot gewasbeske­rming en die opbou van grond.

Die dag word afgesluit met ’n gesprek met Syme en Della Bosca.

Die konferensi­e word vanjaar by Houwhoek Inn, naby Grabouw, gehou. Bywoning van die konferensi­e én praktiese dag kos R800 per persoon, en R600 vir studente. Mense wat net die praktiese dag wil bywoon, betaal R200 en studente R100. Kaartjies is op Quicket beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa