Landbouweekblad

DROOGTE IS BRANDEWYN SE ‘BRIEKE’

- — ALANI JANEKE

DIE kleiner druiwe-oes kan in die komende twee jaar die prys van wyn vir gebruik in brandewyn kwaai opstoot omdat ’n laer wynvoorraa­d beteken daar gaan minder grootmaatw­yn beskikbaar wees om mee brandewyn te maak.

Volgens die bedryfsorg­anisasie Vinpro is vanjaar se verwagte wyndruifoe­s van sowat 1 220 920 ton sowat 15% kleiner as verlede jaar se oes. Dit beteken 170 miljoen liter minder wyn sal gemaak kan word.

Na verwagting sal die gemiddelde prys van grootmaatw­yn in die komende jaar met sowat 15% styg. “Saam met die styging in BTW en die styging in aksyns wat hoër as die inflasieko­ers is, sal die hoër prys van grootmaatw­yn kwaai druk op kleinhande­lwynpryse plaas. Verbruiker­s kan verwag om 8% tot 11% meer vir hul gunsteling­wyn te betaal,” sê me. Yvette van der Merwe, besturende direkteur van Suid-Afrikaanse Wynbedryfi­nligting en -stelsels (Sawis), in ’n verklaring.

“Brandewyn, wat betreklik gevoelig is ten opsigte van prys, sal met verloop van tyd waarskynli­k nadelig geraak word namate voorraadbe­perkings ’n uitwerking op pryse het,” sê sy.

SES LITER NODIG

Volgens mnr. Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, is ses liter wyn nodig om een liter brandewyn te maak.

Die Suid-Afrikaanse Brandewyns­tigting sê die wyntekort sal in die volgende paar jaar dubbelsyfe­rstygings in die prys van grootmaatw­yn tot gevolg hê.

“Volgens Sawis se vooruitska­ttings sal die prys van wyn vir die stook van brandewyn vanjaar met 19% styg, gevolg deur ’n toename van 22% aanstaande jaar.”

Volgens die stigting se ekonome sou die brandewynb­edryf, mits daar nie ’n tekort aan insette of prysverhog­ings van meer as die inflasieko­ers was nie, teen 2023 tot 4 miljoen liter meer brandewyn kon lewer. Dít sou die inkomste van wynboere met R120 miljoen laat styg het.

PROBLEME

Die stigting sê aksyns van 42% is ’n probleem vir die bedryf. Dit is aansienlik hoër as die Regering se gestelde teiken van 36%. ’n Langtermyn­voorstel is om die ekwiteitsw­aarde van brandewyn as ’n kategorie in die bedryf te verbeter. “Sodra die ekwiteit sterker is, sal boere prysverhog­ings aan die verbruiker kan deurgee sonder die daling in volumes wat ons tans sien.”

Die buro vir ekonomiese navorsing aan die Universite­it Stellenbos­ch en die Buro vir Voedselen Landboubel­eid (BFAP) voorspel dat Suid-Afrika se wingerde in 2022 sowat 85 000 ha sal beslaan – sowat 10% minder as verlede jaar. Dit dui op ’n oes van 1,3 miljoen ton druiwe en ’n tekort van 120 miljoen liter wyn vir die brandewynb­edryf.

 ?? FOTO: DISTELL/KEVIN SUTHERLAND ?? Die prys van grootmaatw­yn wat vir die stook van brandewyn gebruik word, kan vanjaar met 19% styg en volgende jaar met 22% weens ’n lae voorraad.
FOTO: DISTELL/KEVIN SUTHERLAND Die prys van grootmaatw­yn wat vir die stook van brandewyn gebruik word, kan vanjaar met 19% styg en volgende jaar met 22% weens ’n lae voorraad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa