Landbouweekblad

WAATLEMOEN VIR EEN VERKOOP MEER

-

Regoor die wêreld eet mense meer waatlemoen. Dié neiging is veral te danke aan gerieflike, kleiner waatlemoen­e wat een mens op sy of haar eie kan eet en fermer vrugte wat geskik is om opgesny te word voor dit op winkelrakk­e beland.

“Waatlemoen­verbruik styg regoor die wêreld en word steeds oorheers deur vrugte wat pitte bevat. Verbruiker­s in veral drie lande — Australië, Israel en Amerika — verkies egter pitlose kultivars. Dieselfde geld die supermarkt­e in Wes-Europa,” het mnr. Moti Shmueli van Origene Seeds tydens Agritech in Tel Aviv, Israel, aan Landbouwee­kblad gesê.

Volgens hom is een van die grootste ontwikkeli­ngs in die waatlemoen­bedryf piepklein waatlemoen­e, wat as “persoonlik­e waatlemoen­e” bemark word omdat iemand dit op sy of haar eie kan geniet. “’Persoonlik­e waatlemoen­e’, wat 1 kg tot 3 kg elk weeg, is beslis ’n groeiende neiging in die meeste lande in Noord- en Wes-Europa.” Goeie voorbeelde daarvan is Belinda en Sky Line, pitlose mini-waatlemoen­e met ferm, soet en dieprooi vleis. Origene Seeds is ’n Israeliese saadmaatsk­appy wat spesialise­er in navorsing oor en die ontwikkeli­ng van rankgewass­e, spesifiek waatlemoen en spanspek. Die maatskappy het ’n hele reeks bestaande uit minien midi-waatlemoen­e. Laasgenoem­de weeg 6 kg tot 8 kg.

Mnr. Zvi Amit van Hazera sê die ou reël van “hoe groter, hoe beter” geld nie meer vir waatlemoen­e op die meeste markte nie.

“Dit is net onprakties en heelwat daarvan beland in die drom. ’n Mini-waatlemoen is duurder per kilogram, maar dit is heelwat goedkoper as jy dit uitwerk per kilogram wat geëet word. Ons het aanvanklik geen mark gehad vir die produk nie, maar dit begin bou. Vandag is dit baie suksesvol.” Hul mini-waatlemoen­e weeg 2 kg tot 3 kg. “Dit is ’n groot treffer, veral onder stedelike verbruiker­s, want dis maklik om te dra en pas maklik in die yskas. Die waatlemoen­e is pitloos, rond en sommer net oulik.”

Hazera is die grootste saadmaatsk­appy in Israel. Waatlemoen­saad maak sowat 5% van sy omset uit.

’n Ander neiging wat Shmueli uitgelig het, is die groei in die mark vir vars gesnyde waatlemoen­e. Vir hierdie mark is Origene se PSF-kultivars (production standard fresh) veral geskik.

“Dit is die toekoms. Dit is superferm waatlemoen­e wat uitgevoer en deur supermarkt­e opgesny kan word. Danksy die lae vloeistof-inhoud kan dit tot ses weke hou, wat aan boere ’n voordeel gee.” — LUCILLE BOTHA

 ??  ??
 ??  ?? Origene Seeds het besoekers aan Agritech se oog gevang met dié hartvormig­e waatlemoen. Hierdie “waatlemoen­kuns” word met die hulp van plastiekvo­rms gemaak en is veral gewild onder Japannese verbruiker­s.
Origene Seeds het besoekers aan Agritech se oog gevang met dié hartvormig­e waatlemoen. Hierdie “waatlemoen­kuns” word met die hulp van plastiekvo­rms gemaak en is veral gewild onder Japannese verbruiker­s.
 ??  ?? Groot, medium en klein. Piepklein waatlemoen­e wat 1 kg tot 3 kg elk weeg, is ’n vuurwarm neiging in die waatlemoen­bedryf. Dit is gerieflik om mee te werk en ideaal vir een mens.
Groot, medium en klein. Piepklein waatlemoen­e wat 1 kg tot 3 kg elk weeg, is ’n vuurwarm neiging in die waatlemoen­bedryf. Dit is gerieflik om mee te werk en ideaal vir een mens.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa