Landbouweekblad

LNR SE DATA IN DIE PALM VAN JOU HAND

- — LIEZL VERCUEIL SKAKELS: https://goo.gl/QeDy4u; https://goo. gl/kaQ5yW

Die doel van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se nuwe digitale toepassing is om bruikbare boerdery-inligting, -oplossings en -riglyne vir en oor ’n verskeiden­heid landboukom­moditeite in boere se hande te plaas.

Die toepassing, ARC Hub, is op Graan SA se onlangse Nampo-Oesdag by Bothaville bekend gestel ná maande van deeglike toetse.

Toegang tot die LNR se omvattende databasis van wetenskapl­ike navorsing deur middel van die toepassing sal boere in staat stel om hul produksie te verhoog en boerderypr­aktyke te verbeter, sê dr. Shadrack Moephuli, uitvoerend­e hoof van die LNR.

“Die app is ’n suksesvoll­e integrasie van digitale en boerderyst­elsels, en dit kan kommunikas­ie in die landbousek­tor verbeter. Dít baan die weg vir boere om meer ingeligte besigheids­besluite te neem en sodoende die land se voedselsek­erheid én hul eie winste ’n hupstoot te gee.”

Die produksieh­andleiding­s op die toepassing dek ’n wye verskeiden­heid graan, vrugte en groente, asook lewende hawe, plantgeson­dheid (met spesifieke klem op indringerp­lante) en landbouver­werking. Dit sluit ook ’n vroeëwaars­kuwingstel­sel in.

Die LNR se navorsings­data, soos wat dit in sy laboratori­ums versamel is, is nou toeganklik deur die toepassing se gebruikers­vriendelik­e stelsel en koppelvlak. Dit is van groot waarde vir boere, sê Moephuli.

“Dit is ook ’n uitstekend­e bron van kennis vir diegene wat buite die landbou staan, maar daarin belangstel en meer wil leer.”

Gebruikers kan die inligting wat hulle verlang, verfyn deur spesifieke gewasse en diere te kies wanneer dit by die opstel van hul profiel kom.

Die toepassing bied ook toegang tot die LNR se kundiges wat hul ondervindi­ng en kennis aan gebruikers beskikbaar stel en inligting oor beskikbare opleidings­kursusse en voorligtin­gsdienste wat die instelling aanbied.

ARC Hub is met die geldelike ondersteun­ing van die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie op die been gebring en deur mLab Southern Africa ontwikkel.

Jy kan dit gratis in die Google Play Store en Apple App Store aflaai.

 ??  ??
 ??  ?? Die LNR se nuwe toepassing — ARC Hub — bied ’n magdom landbouver­wante inligting op jou slimfoon en rekenaar.
Die LNR se nuwe toepassing — ARC Hub — bied ’n magdom landbouver­wante inligting op jou slimfoon en rekenaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa