Landbouweekblad

BRAUNVIEH: VRUGBARE, LANGLEWEND­E RAS

-

Die Braunvieh is waarskynli­k een van die oudste, suiwerste beesrasse met rekords wat tot 800 v.C. terugdatee­r. Hierdie beeste kom uit die Alpe van Europa.

Die eerste bulle is in 1907 deur Suid-Afrikaners ingevoer vir kruistelin­g met ander rasse. Die Brauvieh-telersgeno­otskap is in 1925 gestig om die ras suiwer te hou. In 1974 het die paadjies van telers wat ’n dubbeldoel­ras verkies het, geskei van dié van boere wat grootliks op melkeiensk­appe klem gelê het. Die genootskap vir die dubbeldoel­beeste, Braunvieh SA, het in 1996 tot stand gekom.

Die Braunvieh se eienskappe is: ■ ’n Medium- tot groot raam.

■ ’n Hoër rooibloeds­eltelling as ander rasse danksy die herkoms uit die Alpe wat die beeste hoogs aanpasbaar maak — van uiters koue tot baie warm toestande.

■ ’n Goeie loopvermoë, sterk bene en diep,

donker hoewe.

■ Goeie pigment en ’n huid wat in die somer hare verloor en in die winter verdik om liggaamste­mperatuur konstant te hou.

■ ’n Kalm temperamen­t wat die beeste goed

in voerkrale laat aanpas.

■ Hoë vrugbaarhe­id en langlewend­heid.

■ Bogemiddel­de melkproduk­sie en goeie uiers en spene wat verseker dat kalwers vinnig groei en bogemiddel­d swaar speen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa