Landbouweekblad

KATEGORIEË INDRINGERP­LANTE

-

Alle nie-inheemse plante word nie noodwendig indringers nie, en omgewingsr­egulasies in Suid-Afrika gee erkenning daaraan deur indringers­oorte in verskillen­de kategorië te plaas. Die lys is beskikbaar op die Departemen­t van Omgewingsa­ke se webwerfby https://goo.gl/QcWiPR

Plantsoort­e in kategorie 1a is ontluikend­e indringers­oorte, soos sekere wattelsoor­te en kaktusse. Optrede teen dié plantsoort­e vereis vroeë opsporing om te verhoed dat hulle indringers­oorte word. Volgens die regulasies moet alle grondeiena­ars hulle dadelik uitroei.

Kategorie 1b is vir indringerp­lante wat die vernietige­ndste uitwerking het, soos

Pinus radiata en Prosopis glandulosa in sekere provinsies. Vir hulle moet behoorlike bekampings­programme gevolg word en beheer wat oor die plantsoort­e verkry word, moet in stand gehou word. Die vlak van indringing van Parthenium hystero

phorus, die sogenoemde famine weed, wat in baie dele van Suid-Afrika nog ’n ontluikend­e indringers­oort is, is só hoog dat dit reeds as kategorie 1b geklassifi­seer word.

Kategorie 2-soorte is plante wat ekonomiese nut en waarde het, soos sekere denen populierso­orte, maar wat indringers kan word met baie nadelige gevolge buite die gebied waar hulle benut word. Die benadering wat die Departemen­t van Omgewingsa­ke volg, is om seker te maak die ekonomiese voordele van die plante word gerealisee­r én die skade wat hulle kan aanrig, word so laag moontlik gehou. Permitte moet verkry word om hulle te gebruik, maar buite die permitgebi­ede moet hulle bekamp word.

Dr. Guy Preston, adjunk-direkteur-generaal van omgewingsp­rogramme in die Departemen­t van Omgewingsa­ke, sê bloekombom­e, wat nie inheems aan Suid-Afrika is nie, maar belangrike funksies vervul, soos skaduwee vir diere, windbreke en as bronne van stuifmeel en nektar vir heuningbye, is ’n goeie voorbeeld van ’n kategorie 2-plantsoort.

Alisses Eucalyptus-soorte in Suid-Afrika

as indringerp­lante gelys vanweë hul nadelige uitwerking op waterbronn­e, biodiversi­teit, erosie en ’n verhoogde brandrisik­o, word daar nie verwag dat álle bloekombom­e voor die voet uitgeroei moet word nie.

Bloekombom­e wat nie verwyder hoef te word nie, is dié wat in die droë gebiede van Suid-Afrika, soos die Karoo en Namakwalan­d, groei, bome wat in ’n graanland staan, bloekombom­e wat binne 50 meter van ’n plaasopsta­l staan, in ’n plantasie groei of waarvan die stam ’n deursnee van meer as 400 mm het. Alle bloekoms in rivierlope moet egter verwyder word.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversi­teitsinsti­tuut (Sanbi) het in 2016 ’n nuttige handleidin­g, Gums & Bees: A roadmap for landowners in South Africa, uitgegee. Die doel daarvan is om grondeiena­ars te help om voedingsbr­onne vir heuningbye te kweek en te beskerm, en te verstaan waarom dié bome so belangrik is vir byeboerder­y en voedselpro­duksie.

’n Volkleurwe­ergawe van die boekie kan gratis afgelaai word by https://goo. gl/5AKzXf

Kategorie 3-indringers­oorte is dié wat die potensiaal het om ernstige indringers te word en wat gekeer moet word om uit te brei, soos P. glandulosa in die Noord-Kaap.

Nog inligting is beskikbaar by https:// goo.gl/zJZy7J

 ?? FOTO: CHARLIE REINHARDT ?? Prosopis is veral ’n toenemende probleem in die Noord-Kaap.
FOTO: CHARLIE REINHARDT Prosopis is veral ’n toenemende probleem in die Noord-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa