Landbouweekblad

WINGERD-MIELIEBOER

-

“My oupa het my geleer ’n boer se voete is die beste kunsmis.” Dít is een van die redes waarom mnr. Eddie (Kwagga) Boucher, die wingerdbou­kundige van Ataraxia Wyne, elke dag deur ’n deel van die wingerde stap.

Hy het die wynbedryf vyf jaar gelede betree nadat hy tien jaar lank met mielies op hul familiepla­as Langkuil in die distrik Koppies in die Vrystaat geboer het. Kwagga het nege jaar lank deeltyds provinsial­e en klubrugby gespeel. Rugby was op die ou end die rede vir sy skuif van die mielieland na die wingerd.

Hy het in 2010 ’n kontrak by die Boland Kavaliers gekry en besluit om hom in die Wes-Kaap te vestig. Voor hy verlede jaar by die span van Ataraxia aangesluit het, was hy die meganiese bestuurder van Farmco BEE op Darling.

Die een groot verskil tussen mielie- en wingerdboe­rdery lê in die aanvanklik­e voorbereid­ings, sê Kwagga.

“’n Mielieboer kry elke jaar of elke seisoen die kans om van voor af te probeer, hoewel hy op lang termyn ook sy lande opbou. Wingerdboe­rdery se produksiek­oste per hektaar is besonder hoog — tot R250 000. Dit beteken jy kry één kans om te sorg dat al die voorbereid­ings reg gedoen is sodat jy ’n opbrengs op jou belegging kan sien wanneer die wingerd eers oor drie tot vyf jaar begin dra.”

Kwagga het vyf aspekte as mielieboer geleer wat hy ook in die wingerd toepas. ■ Bewerk die grond ordentlik van die begin af om jou wingerde op te bou. ■ Pas streng onkruidbes­tryding toe. Kwagga doen meganiese onkruidbes­tryding in bestaande wingerde. Om onkruid in nuwe wingerde te beperk, doen hy ’n jaar voor aanplantin­g ontbossing en roei onkruid meganies uit. Sowat twee maande voor planttyd spuit hy onkruiddod­er; ■ Dekgewasse is belangrik. Kwagga pas ook lesse toe oor voorbereid­ing en aanplantin­g in die regte weerstoest­ande. “Ek berei eers ’n saadbeddin­g voor, waarna ons ’n ghroppie gebruik.” ■ Om koste te beperk, herstel hulle self werktuie en trekkers op die plaas. ■ As jy met wingerd boer, boer ook met jou “kop” in die wingerd. “Vir my is die belangriks­te om puik druiwe in skoon, netjiese wingerde te kweek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa