Landbouweekblad

Winterpoed­ing uit ouma se kombuis

Warm, stroperige poedings is sinoniem met winterdae en lang, uitgerekte Sondagmidd­agetes. Ons kosredakte­ur gee vandeeswee­k ’n paar resepte vir nostalgies­e poedings uit haar ou masse resep versamelin­gs.

-

Souserige sjokolade f u d g e poeding

Toe ek ’n kind was, was sjokolades­ouspoeding ’n groot gunsteling. My ma (wat dit by haar ma leer maak het) het ’n blitsresep daarvoor gehad wat sy binne tellings in haar Magimix-voedselver­werker aanmekaar geslaan het. Ek kan onthou hoe ek my verwonder het aan die poeding waarvan die sous bo-op dryf wanneer dit oond toe gaan en dan, wonderbaar­lik, sit die sous aan die onderkant as dit uit die oond kom. Ek het my ma se resep effens aangepas en ’n skeut roomlikeur wat met brandewyn vermeng is, by die sous gevoeg.

Beslag

100 g sagte botter

■ 125 ml ligbruinsu­iker

■ 1 eier

■ 5 ml vanieljege­ursel

■ 250 ml bruismeel

■ 15 ml kakao

■ 1 ml sout

■ 80 ml melk

Sous

125 ml sagte bruinsuike­r

■ 15 ml kakao

■ 250 ml kookwater

■ 125 ml Amarula-likeur

■ 5 ml vanieljege­ursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 5-6 individuel­e oondvaste bakkies of een middelslag­oondbak met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Verroom die botter en suiker tot lig. Klits die eier en vanieljege­ursel by en daarna die droë bestanddel­e en melk. Klits tot ’n gladde, dik beslag vorm. Verdeel die beslag tussen die bakkies (of skep dit in die oondbak). Meng al die bestanddel­e vir die sous saam en verdeel dit ook tussen die bakkies (giet dit versigtig boop die beslag) of giet die sous oor die beslag in die oondbak. Bak vir 30 minute of tot die koeklaag bo-op deurgaar is en die sous teen die kante van die poeding borrel. Sit voor met roomys, geklopte room of vla.

Rolpoeding (roly poly)

Die smaak van rolpoeding is vir my een van die mees nostalgies­e smake wat daar is. Dit proe soos kleintyd en voer my onmiddelli­k terug na my oumas se kombuise. Hulle het dik, tuisgemaak­te appelkoosk­onfyt met milde hand op die deeg gesmeer voordat dit opgerol is. Soms is daar ’n hand vol gekapte neute oor die konfyt gesprinkel, soms net ’n bietjie fyn kaneel. Ander kere was gerasperde appel en ’n paar goue sultanas deel van die vulsel. Die geheim van rolpoeding is dat jy dit moet eet met regte, egte tuisgemaak­te plaasvla. Geen boksvla sal reg laat geskied aan hierdie treffer van toentertyd nie.

Deeg

500 ml koekmeel

■ 10 ml bakpoeier

■ 1 ml sout

■ 45 ml botter

■ 1 eier

■ 100 ml melk

■ 180 ml appelkoosk­onfyt

■ Hand vol gekapte pekanneute

■ OF 2 geskilde, gerasperde appels (opsioneel)

Stroop

500 ml suiker

■ 15 ml botter

■ 5 ml fyn kaneel

■ 850 ml kookwater

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa