Landbouweekblad

Vrugteklui­tjiepoedin­g

-

Met ’n blikkie vrugte en ’n hand vol spenskasbe­standdele kan jy vinnig ’n heerlike, warm poeding optower. Sit hierdie poeding met sy taai karamelvru­gtelagie voor met room, roomys of vla.

Vrugtelaag

1 blik (440 g) tertappels­kywe

■ 1 blik (440 g) ingelegde pere, gedreineer en ■ gesnipper 3 piesangs, gesnipper

■ 125 ml gouestroop of esdoringst­roop

■ 100 ml kookwater

■ 250 ml bruismeel

■ 3 ml elk fyn kaneel en gemmer

■ Knippie gemengde speserye

■ 100 ml klapper

■ 125 ml olie

■ 125 ml gesmelte botter

■ 2 eiers

■ Knippie sout ■ Beslag Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Meng die drie soorte vrugte saam en skep in die gesmeerde oondbak. Roer die stroop en kookwater saam tot goed gemeng en giet oor die vrugte. Sit nou die bruismeel, speserye, klapper, olie, gesmelte botter, eiers en sout in ’n mengbak en klop tot ’n gladde beslag. Skep groot lepels vol van die beslag oor die vrugtelaag. Bak vir ongeveer 35-40 minute, tot die kluitjies bo-op deurgaar is en die stroopmeng­sel ’n taai sous gevorm het. Sit warm voor met vla of roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa