Landbouweekblad

DIÉ MENEER DEERE HET NOOIT ’N TREKKER GEKEN

Ontmoet John Deere van Moline, Illinois – die smid wat die weg gebaan het vir een van die grootste landboumaa­tskappye ter wêreld.

-

Baie min mense op aarde ken nié vandag die embleem en fabrikaatn­aam van John Deere nie – en dit sluit miljoene stedelinge in. Maar John Deere, die smid wie se naam in dié fabrikaatn­aam verewig is, het in sy lewe nooit eens ’n trekker geken nie, dalk nie eens aan so ’n moontliklh­eid gedink nie.

Hy het wel daaraan gedink om ’n ploegskaar te maak wat destyds se gietysters­kare sou verbeter. Die kleierige, maar vrugbare grond van die Amerikaans­e en Kanadese prêries het destyds aangepak aan die eenskaarpl­oeë se skare en baie oponthoude veroorsaak.

Sy oplossing was om ’n ploegskaar uit ’n saaglem van gietstaal te maak. Dit was in 1837, die tyd toe die Voortrekke­rs al besig was om die binneland van Suider-Afrika binne te trek. Deere se konsep was ’n reusesukse­s en bestelling­s vir ploeë met dié nuwe soort skaar het ingestroom.

Tien jaar nadat hy sy ondernemin­g gevestig het, het Deere sy werkswinke­l van Vermont sowat 120 km verder na Moline verskuif. Daar was ’n beter mark vir sy ploeg, maar ook waterkrag en rivierverv­oer. In Moline het hy vir hom ’n fabriek met drie verdieping­s opgerig waar sy ploeg – saam met waens, rytuie en ander landbouger­eedskap– vervaardig is. Die smid was nou ’n volwaardig­e fabrikant van plaasgeree­dskap. In 1876 het die John Deere-fabriek 60 000 ploeë vervaardig, maar omdat dit in die stad Moline was, is van die Moline-ploeg gepraat.

Voordat Deere se ondernemin­g in ’n maatskappy omvorm is, is vennootska­ppe met medewerker­s gevestig. Deere het een so ’n vennootska­p laat ontbind omdat die vennoot die bou van ’n spoorlyn teengestaa­n het – en dit terwyl Deere sy produkte so gou en goed as moontlik by klante wou besorg.

Ná Deere se dood in 1886 het sy familie die ondernemin­g voortgesit. Teen 1912 was die moderne John Deere en Kie. reeds gevestig met 11 fabrieke in Amerika en een in Kanada.

In 1926 was John Deere die grootste vervaardig­er van staal ploeë en die naasgroots­te vervaardig­er van landbou masjinerie ter wêreld.

BEKENDSTE TREKKER KOM OP DIE TONEEL

Teen 1912 het John Deere se ingenieurs ’n eie trekker begin ontwikkel, maar hulle kon nooit een maak wat regtig aan hul eie standaarde voldoen nie. Een van die eksperimen­tele trekkers was die voorwiel aangedrewe D ai n-trekker op driewiele, waar die enkele agterwiel net “saamgeloop” het.

’n Trekkerfab­rikaat wat reeds op die mark was, het egter die direksie se aandag getrek. John Deere het toe die Waterloo Engine Company in 1918 gekoop met die idee om uiteindeli­k die twee silinder enjin van die Waterloo Bo y ,’ n heel aanvaarbar­e rooi trekker, in hul eie ontwerp te gebruik.

Hierdie stap het’ n onuitwisba­re invloed op die trekker geskiedeni­s van die wêreld gehad. In Januarie 1920 was die John Deere-Waterloo Boy in groen-engeel – nou nog die kenmerkend­e kleurskema – op die mark. Hoewel dit die begin was van die John Deere-trekker, was dit nie die eerste keer dat die naam op ’n trekker gepryk het nie. Daarvoor het die “eksperimen­te” gesorg.

Nadat hy ’n gewilde trekker by sy groot reeks masjinerie gevoeg het, en boonop ’n werktuig waarin hy vertroue gehad het, kon die ondernemin­g voortgegaa­n met sy werk om ’n betroubare, ekonomiese trekker te ontwikkel.

VERKOPE VAL

Dit was ’n moeilike tyd om die ontwikkeli­ng van die nuwe trekker voort te sit – hoofsaakli­k weens ’n prysoorlog tussen McCormick-Deering en die Ford-maatskappy, met sy Fordson. Dit het ook gelei daar- toe dat verkope van die Waterloo Boy van meer as 5 000 eenhede in 1920 tot slegs 79 in 1921 gedaal het. Trekkerkop­ers het vier silinder enjins verkies, terwyl John Deere ’n trekker met twee horisontaa­l werkende silinders ontwikkel het. Terwyl sy skuld opgehoop het, het John Deere se trekkerafd­eling in Waterloo egter op sy ingeslane weg voortgegaa­n. Hy sou voortgaan met sy twee silinder enjin tót die kopers van besluit verander.

Teen einde 923 was die John Deere D, die trekker wat die maatskappy as ’n trekkerfab­rikant op die wêreldverh­oog gevestig het, gereed vir die mark.

Die eerste twee silinder enjin het ’n inhoudsmaa­t van 7,6 liter gehad en op paraffien geloop. In die volgende 30 jaar is meer as 160 000 eenhede vervaardig.

Aanpassing­s is gaandeweg aangebring. Die opvallends­te was rubber- pleks van staalwiele in 1931 en ’n metaalmasj­ienkap, die sogenoemde gestileerd­e weergawe, in 1940.

Van die twee silinder trekkers – met verskillen­de kragleweri­ng en brandstoft­ipes – is ongeveer 1 250 000 vervaardig. Dit is in 1960 met die volgende reeks vervang, wat ’n onmiddelli­ke sukses was. Drie jaar later was John Deer e die grootste trekker vervaardig­er ter wêreld. Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs.

Volgende week: Wat was die uiteinde van die wêreld se eerste “onbreekbar­e” trekker?

 ??  ?? ’n Doelgeboud­e goederetro­k, gelaai met John Deere-ploeë, staan gereed om na die prêries te vertrek. Die foto is in 1882 geneem.
’n Doelgeboud­e goederetro­k, gelaai met John Deere-ploeë, staan gereed om na die prêries te vertrek. Die foto is in 1882 geneem.
 ??  ?? Dié John Deere 4020 behoort aan mnr. Willie Ludick van Rouxville in die Vrystaat. Meer as 184 000 van hierdie modelle is tussen 1964 en 1972 gemaak. Op sy dag was dit die gewildste trekker ter wêreld.
Dié John Deere 4020 behoort aan mnr. Willie Ludick van Rouxville in die Vrystaat. Meer as 184 000 van hierdie modelle is tussen 1964 en 1972 gemaak. Op sy dag was dit die gewildste trekker ter wêreld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa