Landbouweekblad

KATOENOES DRASTIES GROTER

- — NICO VAN BURICK

Die verwagte plaaslike katoenoes is vandeesmaa­nd (die vyfde skatting) met 1% teenoor verlede maand verhoog om die totale verwagte oes nou 143% hoër as die vorige seisoen te maak.

Volgens Katoen SA se maandeliks­e markversla­g word daar nou 188 247 bale vesel van die Suid-Afrikaanse pluksel in 2017-’18 verwag. Droëland- en besproeiin­gshektare toon toenames van onderskeid­elik 68% en 170% teenoor die vorige seisoen. Dit word hoofsaakli­k toegeskryf aan die gunstiger pryse vir katoen teenoor mededingen­de gewasse. Daar is ook hernieude belangstel­ling in katoenprod­uksie. ’n Verdere 1 080 bale sal na verwagting in Swaziland gelewer word.

Wat termynprys­e vir katoen betref, het dit einde Mei tot ’n nuwe hoogtepunt in vier jaar in New York gestyg.

Die Cotlook A-indeks (’n aanwyser van internasio­nale katoenprys­e) het begin Junie op 100,7 VSA c/ lb gestaan teenoor ’n jaar gelede se86,95VSAc/lb.

Die Internasio­nale Katoenadvi­eskomitee (ICAC) skryf die hoër prys toe aan kommer oor uiterste klimaat en ’n sprong in katoenvese­l- en garepryse in China waar swak weer ook die volgende oes kan benadeel.

Die ICAC raam dat die wêreldprod­uksie 26,6 miljoen ton in 2017’18 sal bereik, terwyl die verbruik op 25,5 miljoen ton geprojekte­er word. Die verbruik sal na verwagting in 2018-’19 met ’n verdere 5% tot 26,7 miljoen ton toeneem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa