Landbouweekblad

GROEP VEG VOORT TEEN MYNPLANNE BY WAKKERSTRO­OM

- — JASPER RAATS

’N KOALISIE van agt gemeenskap­sorganisas­ies het aansoek gedoen by die Hooggeregs­hof in Mbombela dat die departemen­t van omgewingsa­ke in Mpumalanga se goedkeurin­g van ’n steenkoolm­yn by Wakkerstro­om hersien en ter syde gestel word.

Dit volg op ’n lang regsproses wat die koalisie voer om die mynmaatska­ppy AthaAfrica Ventures te verhinder om ’n ondergrond­se steenkoolm­yn in die gebied op te rig.

In ’n verklaring waarsku die sentrum vir omgewingre­gte (CER) dat die beoogde Yzerfontei­nmyn in ’n beskermde gebied lê wat as ’n strategies­e waterbron vir die omgewing geïdentifi­seer is. Die CER is die regsvertee­nwoordiger vir die koalisie van organisasi­es wat Earthlife Africa, die Mynen Omgewingsr­eggemeensk­apsnetwerk van SuidAfrika, die Trust vir Bedreigde Dierelewe, die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing, GroundWork, die vereniging vir water en landelike ontwikkeli­ng (AWARD) en die Bench Marksstigt­ing insluit.

APPÈL MISLUK

Die koalisie se aansoek kom nadat mnr. Vusi Shongwe, LUR vir omgewingsa­ke in Mpumalanga, ’n appèl teen die oorspronkl­ike goedkeurin­g van die hand gewys het.

Saam met die hersiening­saansoek bring die CER ook aansoek om ’n hofbevel wat enige mynbedrywi­ghede verbied totdat uitsluitse­l oor die hersiening gegee is.

Die beoogde myn kan volgens die koalisie ’n swaar impak op plaaslike gemeenskap­pe hê.

“Hul toegang tot water sal ingeperk word omdat grondwater­vlakke sal daal en fonteine sal opdroog. Water sal ook besoedel word,” sê die CER.

Uitgebreid­e vee en gewasboerd­ery stroomaf kan ook skade ly. Verder meen die koalisie dat die steenkoolm­yn selfs ’n nasionale impak op waterseker­heid kan hê. Die beoogde myn val in die opvangsgeb­ied van die Vaalrivier, wat Gauteng van water voorsien.

MINISTER STAAN VAS

Me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, het egter verlede jaar in ’n rubriek in die koerant Business Day gesê haar departemen­t is tevrede dat die provinsial­e departemen­t alle risiko’s in ag geneem het.

Sy sê hoewel mynbedrywi­ghede nie in natuurrese­rvate, nasionale parke en spesiale reservate toegelaat mag word nie, is dit wel toelaatbaa­r in beskermde gebiede, soos die gebied waar die Yzerfontei­nmyn beoog word, mits geskrewe toestemmin­g van die Minister van Omgewingsa­ke en die Minister van Minerale Hulpbronne verkry word.

Molewa sê albei departemen­te het streng riglyne aan AthaAfrica gestel waarby die myn sal moet hou.

Die myn moet onder meer toestemmin­g van die Departe ment van Water en Sanitasie kry voordat dit met enige bedrywighe­de begin wat ’n impak op waterbron kan hê, en hy moet stappe doen om die dreinering van suur mynwater te voorkom.

Die CER meen egter hy het genoeg bewyse dat die myn die omgewing tot nadeel sal strek. Hy is vol vertroue dat die koalisie daarin sal slaag om mynbedrywi­ghede in die gebied te stuit.

ZUMA-VENNOOT?

Die webwerf Moneyweb berig dat AthaAfrica geen ander aktiewe mynbedrywi­ghede in SuidAfrika het nie. Die maatskappy se bemagtigin­gsvennoot is die Bashubilet­rust.

Moneyweb haal trustdokum­ente aan wat mnre. Vincent Gezinhlizi­yo Zuma, Prince Thabo Mpofu en Sizwe Christophe­r Zuma as trustees lys. Hoewel Moneyweb erken daar is geen gedokument­eerde bloedverwa­ntskap tussen die twee Zumas en SuidAfrika se vorige president nie, verwys die webwerf na ’n berig van News24 waarin na Sizwe as oudpreside­nt Zuma se seun verwys word.

Teen druktyd het AthaAfrica se kommunikas­ieagentska­p nog nie op Landbou

weekblad se vrae oor die hofaansoek of die Zumafamili­e se beweerde betrokkenh­eid gereageer nie.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die gebied waarin Atha-Africa ’n steenkoolm­yn wil oprig, is geleë in ’n strategies­e waterbron.
FOTO: VERSKAF Die gebied waarin Atha-Africa ’n steenkoolm­yn wil oprig, is geleë in ’n strategies­e waterbron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa