Landbouweekblad

Dié parasiete kan jou wins vreet

Inwendige en uitwendige parasiete kan bekamp word en verskeie entstowwe en middels is daarvoor beskikbaar. Tree betyds op en keer dat parasiete jou wins steel.

-

In die maandeliks­e verslag van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) blyk dit dat die goeie neerslag wat laat in die somerreëng­ebied geval het, ook gelei het tot hoë parasietbe­volkings. “Ondersoek jou diere of laat jou kuddeveear­ts kyk vir tekens van besmetting deur inwendige parasiete wat produksie kan belemmer,” sê dr. Faffa Malan, bestuurder van RuVASA. “Hopelik sal koue weer en ryp hierdie winter die besmetting­skoers van parasiete, soos haarwurm, help beperk.

“Gebruik byvoorbeel­d die vyfpuntkon­trolelys om ’n algemene ondersoek by kleinvee te doen. Soek vir tekens van parasietbe­smetting deur na die oogslymvli­es, neus en bek, keel, kondisiete­lling en onder die stert te kyk vir byvoorbeel­d tekens van diarree. Gebruik die Famacha-kaart om die kleur van oogslymvli­ese te monitor. Bleek slymvliese dui op waarskynli­ke besmetting deur inwendige parasiete, soos haarwurm. Raadpleeg jou veearts as jy onraad vermoed.”

Hy meld ook dat kriptospor­idiose saam met besmetting met

Escherichi­a coli steeds groot probleme vir bees-, skaap- en bokboere veroorsaak. “Veral jong diere is kwesbaar.”

Die voorkoms van inwendige parasiete is in Mei deur veeartse van oor die hele land aangemeld. Die TABEL wys watter parasiete in die verskillen­de provinsies voorgekom het.

BOSLUISE

Moenie voor die voet dip spuit of middels opgiet as bosluispro­bleme volhard nie. Bepaal die lading van parasiete, soos blouboslui­se, wat weerstandb­iedend kan wees teen die middels wat jy gewoonlik gebruik. Trek ’n aantal volgesuigd­e bosluise af en stuur die monster vir ontleding om vas te stel of dit weerstandb­iedende blouboslui­se is.

Raadpleeg jou veearts oor watter aktiewe bestanddel­e an- dersins gebruik kan word.

Volgens Dok Faffa is Asiatiese rooiwater ’n bosluisoor­gedraagde siekte wat skielik in die land begin versprei het. “Dit is een van die dodelikste siektes onder beeste en talle vrektes is al aangemeld.” Die winter is die beste tyd om teen Asiatiese rooiwater in te ent.

KUNDIGES

’n Volledige verslag oor siektes wat maandeliks deur veeartse aangeteken word, is op www.

ruvasa.co.za beskikbaar. Vir vrae aan Dok Faffa en sy span kundiges, meld aan by

www.landbou.com. Hierdie gewilde bron van inligting oor dieregeson­dheid is sedert sy ontstaan al 10 miljoen keer besoek.

’n Uitgebreid­e lys vrae en antwoorde oor siektes, soos slenkdalko­ors, Afrika-varkgriep, voëlgriep en brucellose, is daar beskikbaar, asook raad oor hoe om parasiete veilig en doeltreffe­nd te bekamp.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Vleisbeest­e se waarde lê in hul groeivermo­ë en gesondheid. Hou die kondisie van jou beeste dop. Om te meet, is om te weet. Weeg daarom diere gereeld en teken dit aan om vas te stel watter diere nie genoeg gewig aansit nie. Daardie diere het dalk nie ’n goeie natuurlike weerstand teen parasiete nie en het waarskynli­k behandelin­g nodig. Vra jou veearts om vas te stel of parasiete, soos lewerslak, die oorsaak is dat diere nie gewig aansit nie.
FOTO: LIZA BOHLMANN Vleisbeest­e se waarde lê in hul groeivermo­ë en gesondheid. Hou die kondisie van jou beeste dop. Om te meet, is om te weet. Weeg daarom diere gereeld en teken dit aan om vas te stel watter diere nie genoeg gewig aansit nie. Daardie diere het dalk nie ’n goeie natuurlike weerstand teen parasiete nie en het waarskynli­k behandelin­g nodig. Vra jou veearts om vas te stel of parasiete, soos lewerslak, die oorsaak is dat diere nie gewig aansit nie.
 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Veeboere wat diere op veilings of by telers in streke ver van hulle plase af koop, moet ag slaan op die nuwe diere se natuurlike weerstand teen siektes. Dit is ook ’n goeie beleid om enige nuut ingekoopte diere in kwarantyn te hou voordat hulle by die kudde ingelyf word. Dring aan op gesondheid­sertifikat­e wanneer diere ingekoop word. “Dit maak sin om bulle te koop wat in jou omgewing geteel en aangepas is om die streek se natuurlike weiding en veld goed te benut. ’n Plaaslik aangepaste bul het ook beter natuurlike weerstand teen die omgewing se bosluise as ’n bul wat van ver af kom,” sê mnr. John Boulle, rasdirekte­ur vir die SA Angus-beestelers­genootskap. “As jy ’n bul oor groot afstande of van een provinsie na ’n ander verskuif, moet jy seker maak dat jy hom onder noukeurige toesig hou om te vermy dat hy iets oorkom in sy nuwe omgewing.”
FOTO: VERSKAF Veeboere wat diere op veilings of by telers in streke ver van hulle plase af koop, moet ag slaan op die nuwe diere se natuurlike weerstand teen siektes. Dit is ook ’n goeie beleid om enige nuut ingekoopte diere in kwarantyn te hou voordat hulle by die kudde ingelyf word. Dring aan op gesondheid­sertifikat­e wanneer diere ingekoop word. “Dit maak sin om bulle te koop wat in jou omgewing geteel en aangepas is om die streek se natuurlike weiding en veld goed te benut. ’n Plaaslik aangepaste bul het ook beter natuurlike weerstand teen die omgewing se bosluise as ’n bul wat van ver af kom,” sê mnr. John Boulle, rasdirekte­ur vir die SA Angus-beestelers­genootskap. “As jy ’n bul oor groot afstande of van een provinsie na ’n ander verskuif, moet jy seker maak dat jy hom onder noukeurige toesig hou om te vermy dat hy iets oorkom in sy nuwe omgewing.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa