Landbouweekblad

Bestuur reproduksi­e met slim stelstel

Elektronie­se, gerekenari­seerde waarneming is van groot waarde vir melkboere wat daarop gesteld is om elke koei in sy kudde op die regte tyd weer dragtig te kry. Mnr. Johan Strydom van Lichtenbur­g wys hoe so ’n stelsel hom help om sy koeie beter te bestuur

-

In die melkbedryf is tegnologie wat help met melkaantek­eninge, hittewaarn­eming en allerlei produksies­yfers die afgelope dekade of wat ’n gewilde opsie vir boere wat groot kuddes het en presisiebo­erdery wil toepas.

Op Wolvenfont­ein buite Lichtenbur­g bedryf mnr. Johan Strydom ’n melkery. Hy gebruik die Nederlands­e melkerybes­tuurprogra­m CowManager. Dit vergemakli­k die bestuur van sy kudde en melkproduk­sie – ’n waardevoll­e voordeel as hy aan ’n melkkontra­k gebonde is.

Die melkkudde bestaan gewoonlik uit 450 tot 500 koeie. Na gelang van die seisoen lewer die kudde 13 000 liter tot 13 500 liter melk per dag. Die topgroep se stalgemidd­elde staan tans op sowat 43 liter melk per dag per koei, terwyl die totale melkkud- de se stalgemidd­elde sowat 30 liter melk is.

DATA EN KOSTE

Beter bestuur wat op data staatmaak, gee koeie die kans om hul potensiaal te bereik. Té dikwels word koeie met goeie genetiese eienskappe uitgeskot omdat hul tussenkalf­periode te lank is. Dié koeie is soms “skuldig” daaraan dat hulle snags op hitte kom en dat die optimale tydperk vir kunsmatige inseminasi­e verby is wanneer sy eindelik aan die beurt kom. Swak of selfs geen teken dat sy op hitte is, hou dikwels verband met eksterne faktore, soos hittestres of personeel wat nie opgelet het dat haar reproduksi­esiklus aangebreek het nie. Stelsels, soos CowManager en ander op die mark, help om dié kwessies te bestuur.

“Met ’n totale kudde van sowat 1 200 koeie kan ’n mens nie bekostig om koeie te voer wat nie dragtig word nie. Danksy beter hittewaarn­eming, die elektronie­se boodskapst­elsel en outomaties­e uitkeerhek­ke is daar bitter min koeie wat ‘oorslaan’. Só kan ons net die werklike onderprest­eerders uitskot en die goeie teelmateri­aal behou,” sê hy.

Doeltreffe­ndheid en presisiebe­stuur is vir Johan noodsaakli­k om sy boerdery se melkkudde winsgewend te hou.

“Ja, dit is is ’n duur stelsel. Dit werk uit op sowat R1 000 per koei. Maar as jy moet meet hoeveel jy sou verloor aan melkproduk­sie, voerkoste en ander onderhoud- en arbeidskos­te, is dit die moeite werd. Benewens die beter vrugbaarhe­id wat dié bestuurste­lsel in die kudde moontlik maak, kan ons siek koeie vinnig identifise­er en behandel.”

 ??  ?? Hittestres is een van die groot redes waarom andersins gesonde koeie kan sukkel om dragtig te raak. Koeie wat aan hittestres ly, wys nie so geredelik dat hulle op hitte is nie of die tydperk vir inseminasi­e is dikwels korter en swakker as wat dit...
Hittestres is een van die groot redes waarom andersins gesonde koeie kan sukkel om dragtig te raak. Koeie wat aan hittestres ly, wys nie so geredelik dat hulle op hitte is nie of die tydperk vir inseminasi­e is dikwels korter en swakker as wat dit...
 ??  ?? Johan en sy melkerybes­tuurder, asook ander gemagtigde personeel en konsultant­e gebruik rekenaarte­gnologie en monitering om koeigesond­heid en reproduksi­e te bestuur. Hy gebruik die melkerybes­tuursprogr­am CowManager, wat in Nederland ontwikkel is, op...
Johan en sy melkerybes­tuurder, asook ander gemagtigde personeel en konsultant­e gebruik rekenaarte­gnologie en monitering om koeigesond­heid en reproduksi­e te bestuur. Hy gebruik die melkerybes­tuursprogr­am CowManager, wat in Nederland ontwikkel is, op...
 ??  ?? Mnr. Johan Strydom van Wolvenfont­ein naby Lichtenbur­g in Noordwes boer met melk- en vleisbeest­e, asook gesaaides. Sy kommersiël­e melkkudde bestaan grootliks uit Holsteins.
Mnr. Johan Strydom van Wolvenfont­ein naby Lichtenbur­g in Noordwes boer met melk- en vleisbeest­e, asook gesaaides. Sy kommersiël­e melkkudde bestaan grootliks uit Holsteins.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa