Landbouweekblad

Ent diere nóú in om reg te wees vir lente

Inentings is net doeltreffe­nd wanneer ’n bees se immuunstel­sel sterk genoeg is om self teenliggaa­mpies te vervaardig. Die verkeerde entstowwe of inentings programme kan groot skade op plase aanrig. ’n Veearts gee raad.

- NAVRAE: Morvet Veeartse, e-pos: admin@morvet.co.za; tel. 018 285 1156.

Stresfakto­re veroorsaak ’n verlaagde immuunreak­sie en ’n verhoogde vatbaarhei­d vir siektes, sê dr. Martin Ferreira, ’n spesialis in kuddegeson­dheid en voorkomend­e geneeskund­e by beeste. Hy het ’n praktyk op Potchefstr­oom, Noordwes.

“Sowat 10% van diere wat ingeënt word, bou nie immuniteit op nie. Dit is ’n subfaktor wat nie met voeding of stres verband hou nie.”

Beeste ervaar stres weens vervoer, aanpassing, speentyd, temperatuu­rveranderi­nge tussen dag en nag, die aankoop van nuwe diere, die vermenging van kuddegroep­e en voedingver­anderinge. Hierdie strestoest­ande het ’n nadelige invloed op die immuniteit­sontwikkel­ing van enige entstof, sê Ferreira.

“Dit is hoekom so baie kalwers wat gespeen en in ’n trop na ’n voerkraal vervoer word, op dag ses of sewe nadat hulle by die voerkraal aangekom het longontste­king ontwikkel.

“Ek beveel daarom aan dat diere nie dadelik ingeënt word wanneer hulle by die voerkraal van die lorrie afklim nie. Hul reaksie daarop is net te swak.”

SPOORELEME­NTE

Wanneer beeste in strestoest­ande verkeer, ly hulle aan tekorte wat nie sigbaar is nie.

Dit is ’n subklinies­e toestand en is dus moeilik om sonder die neem van monsters en toetse waar te neem.

Wanneer die boer die diere dan wil inent, ervaar hy swak reaksie op die entstowwe.

Spooreleme­nte is ’n belangrike faktor wat boere in gedagte moet hou, sê Ferreira.

“Die vlakke van spooreleme­nte, soos seleen, koper en chroom, speel ’n belangrike rol by die ontwikkeli­ng van teenliggaa­mpies wanneer die boer sy beeste inent.

“Baie kalwers of diere wat jy inent, se vlakke van spooreleme­nte is laag weens voeding en ’n oormaat van ander minerale, soos kalsium, yster, en fosfate en sulfate, wat die opname van spoorminer­ale voorkom. Daarom ly diere in die algemeen aan ’n betreklike tekort van spooreleme­nte.”

Ferreira meen boere misgis hulle met spooreleme­nte.

“Jy moenie spooreleme­nte in ’n boks probeer plaas nie. Ons doen dit al jare lank deur te sê sink is belangrik vir die vel, seleen is belangrik vir die slymvliese, mangaan is belangrik vir reproduksi­e en chroom is belangrik vir energiever­werking.

“Maar dit is nie so eenvoudig nie. Die elemente het ’n onderlinge wisselwerk­ing en moet in die regte verhouding­s aangevul word. Die verhouding­s van die elemente is belangrike­r as die elemente as sodanig.”

ENERGIE

Voeding speel ook ’n rol by die swak immuniteit­sontwikkel­ing van beeste.

’n Lae proteïenvl­ak of energietek­orte werk teen immuniteit­sreaksies. Dit is dus diere wat in ’n negatiewe fase is en

vet afbreek om hul liggaamste­mperatuur in stand te hou of om net aan die lewe te bly.

“Hierdie diere is in ’n katabolies­e fase, wat ’n nadelige invloed op die dier se immuniteit het,” sê Ferreira.

ENTSTOWWE

Die hoeveelhei­d entstowwe wat boere gebruik, beïnvloed ook beeste se vermoë om op die stowwe te reageer.

“Die bees se liggaam het tyd nodig om die entstowwe te verwerk sodat teenliggaa­mpies opgebou kan word. ’n Boer moet dus nie sommer op een dag besluit om al die entstowwe te spuit wat die bees vir die jaar nodig het nie.

“Die ideaal is om sowat 1420 dae te wag tussen die spuit van verskillen­de stowwe.”

Gee ook aandag aan die kombinasie van entstowwe, sê Ferreira. “Spuit byvoorbeel­d twee dooie en een lewende entstof saam, maar moenie drie lewende entstowwe saam spuit nie.

“Twee entstowwe op ’n slag, een dood en een lewend, of twee dooies is ideaal. Moenie twee lewende entstowwe met mekaar kombineer nie,” sê Ferreira.

Nog faktore wat ’n nadelige invloed op die doeltreffe­ndheid van inentings kan hê, is die hantering en temperatuu­r van ’n entstof, en die korrekte toediening.

“Steriele naalde moet gebruik word of anders kan ’n abses vorm. Sodra absesvormi­ng of inflammasi­e plaasvind, val die witbloedse­lle die gebied van inflammasi­e aan en dus ook die entstof, wat tot ’n swak reaksie op die entstof lei.”

INENTING

In sy inentingsp­rogram spesifiek vir SuidAfrika se somerreëng­ebiede ent Ferreira gewoonlik in die laat winter, met die doel om aan die begin van die lente klaar te wees. Dit is met die oog op siektes wat oorgedra word deur parasiete wat in die somer aktief is, soos bosluise, muggies en muskiete.

“Ons ent jaarliks in teen sponssiekt­e met die multiklost­ridiale entstowwe, wat jy gebruik om vir die tien sponssiekt­es (dit is deel van die Clostridiu­mgroep) te ent. Dit sluit lamsiekte en miltsiekte in.

“Knoppiesve­l is ’n belangrike siekte om voor in te ent. Ons ent ook melkkoeie en alle bulle in teen driedaesty­wesiekte, maar nie regtig vleisbeesk­oeie nie,” sê Ferreira.

Dit is ook belangrik om jaarliks teen slenkdalko­ors, wat in die lente kop uitsteek, in te ent.

Ferreira sê boere moet onthou daar is nie ’n universele inentingsp­rogram nie. Inentingsp­rogramme moet saam met ’n veearts uitgewerk word vir ’n spesifieke plaas binne ’n spesifieke gebied.

ROL VAN OMGEWING

“Dit hang alles af van wat in die omgewing is. As daar byvoorbeel­d baie vleie en riviere is, gaan die boer sukkel met muggies en muskiete. Gevolglik moet die boer baie aandag gee aan siektes, soos slenkdalko­ors, driedaesty­wesiekte en knoppiesve­l.”

In ’n omgewing met probleme met hartwater, rooiwater en galsiekte moet boere bykomend daarvoor inent sodat die diere daarteen geïmmunise­er is wanneer hierdie siektes in die lente voorkom.

Teen die einde van die winter behoort boere tradisione­el klaar teen beesvirusd­iarree (BVD) in geënt het, want dit word vereenselw­ig met seisoenale stres (verskil in dag en nagtempera­ture en wisselende voeding).

KOEITJIES EN KALFIES

Ferreira sê koeie moet voor die dektyd met die trigomonos­eentstof ingeënt wees. Hy raai boere aan om alle beeste met spoorminer­ale saam met vitamien A te spuit.

“Ek doen dit saam met die program se eerste inenting, want dit maak ’n groot verskil aan die dier se reaksie. Ek gebruik spesifiek Multimin (reg.nr. G2144, Wet 36 van 1947) wat chroom bevat, want chroom stimuleer die dier se insulienre­aksie om meer energie te gee. Dit help die diere om beter op die entstowwe te reageer.”

Indien die boer ’n winterkalf­tyd bestuur en die koeie gaan oor ’n paar weke kalf, is dit goed om die koeie met ’n middel soos Rotavec (reg.nr. G2955) in te ent. “Jy ent die koeie daarmee in om die kalfies later teen diarree te beskerm. Ons ent ook jaarliks die beeste teen seerooginf­eksie in.”

Natuurlik is daar inentings wat uniek tot sekere plase is as sekere toestande op die plaas anders as normaal is. Dit sal dus nie deel vorm van ’n normale inentingsp­rogram in die somerreëng­ebied nie.

Verse wat jonger as agt maande is, word teen brucellose met die stam 19entstof ingeënt (dit mag nie herhaal word nie). Omdat stam 19 nie altyd beskikbaar is nie, beveel Ferreira aan dat boere hul verse op speenouder­dom met die RB51entsto­f teen brucellose inent. Boere moet dit herhaal ’n maand voordat die verse gedek word.

“Speenkalwe­rs moet teen spons, lam en miltsiekte ingeënt word.

“Dit is uiters belangrik, want die immuniteit wat die kalf in die bies van sy of haar ma gekry het, het dan verval. ’n Skraagdosi­s word vier tot ses weke later gegee. Vervanging­sverse sal in die volgende jaar by dieselfde program as die koeie inval.”

VOORBEREID­ING

Wanneer ’n inentingsp­rogram of entstowee nie doeltreffe­nd genoeg is nie, of as die verkeerde diagnoses gemaak word, kan alles op die plaas verkeerd loop.

“Ek sê altyd vir boere dat alles op die plaas dan ‘afgaan’, behalwe die oortrokke rekening wat opgaan. Reproduksi­e daal en sterftes styg.

“Die finansiële gevolge van swak of verkeerde entstowwe kan baie skadelik wees,” sê Ferreira.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Inentingsp­rogramme in die winter is belangrik omdat siektes in die lente toeneem namate vektore (draers) vermeerder. Siektetoes­tande neem toe wanneer daglig meer word en temperatur­e en vogtoestan­de styg. “Dié toestande lei tot meer muggies, vlieë, bosluise en muskiete. Die sponsiekte­groep neem toe wanneer gras begin bot en plante se suikerinho­ud meer word,” sê dr. Martin Ferreira, ’n spesialis in kuddegeson­dheid.
FOTO: LIZA BOHLMANN Inentingsp­rogramme in die winter is belangrik omdat siektes in die lente toeneem namate vektore (draers) vermeerder. Siektetoes­tande neem toe wanneer daglig meer word en temperatur­e en vogtoestan­de styg. “Dié toestande lei tot meer muggies, vlieë, bosluise en muskiete. Die sponsiekte­groep neem toe wanneer gras begin bot en plante se suikerinho­ud meer word,” sê dr. Martin Ferreira, ’n spesialis in kuddegeson­dheid.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dr. Martin Ferreira, ’n spesialis in kuddegeson­dheid en voorkomend­e geneeskund­e by beeste. Hy het ’n praktyk op Potchefstr­oom, Noordwes.
FOTO: VERSKAF Dr. Martin Ferreira, ’n spesialis in kuddegeson­dheid en voorkomend­e geneeskund­e by beeste. Hy het ’n praktyk op Potchefstr­oom, Noordwes.
 ?? FOTO: GHINI GREYLING ?? Elke plaas is uniek en daarom moet elke boer saam met ’n veearts ’n inentingsp­rogram spesifiek vir sy toestande uitwerk. Op die foto is mnr. Fikza Mgwebi op die plaas Langfontei­n by Wakkerstro­om in Mpumalanga besig om koeie in te ent.
FOTO: GHINI GREYLING Elke plaas is uniek en daarom moet elke boer saam met ’n veearts ’n inentingsp­rogram spesifiek vir sy toestande uitwerk. Op die foto is mnr. Fikza Mgwebi op die plaas Langfontei­n by Wakkerstro­om in Mpumalanga besig om koeie in te ent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa