Landbouweekblad

TREKKERVER­KOPE WYS MARK BLY OPTIMISTIE­S

- — JASPER RAATS

Hoewel trekkerver­kope van 501 eenhede in Mei net vier eenhede meer is as die 497 eenhede wat verlede Mei verkoop is, lyk verkope vir die eerste vyf maande beter as in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar. Daar is 11% meer trekkers tot Mei vanjaar verkoop.

Die volgehoue hoë vlak van trekkerver­kope dui daarop dat die mark optimistie­s bly, sê mnr. Lucas Groenewald, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumas­jinerie-assosiasie (Salma).

Hy wys ook daarop dat pryse vir toerusting redelik stabiel gebly het oor die afgelope paar maande ten spyte van die wisselvall­ige waarde van die rand. “Dié faktore dra by tot ‘n volgehoue kopersmark,” sê Groenewald in sy maandeliks­e verslag oor werktuigve­rkope.

Hy sê hoewel die mielie-oes teen Mei volstoom begin het, is die seisoen effens later as gewoonlik. Met die hoër vlakke van trekkerver­kope oor die afgelope maande is ramings in die bedryf dat verkope vir die jaar tussen 6 500 en 6 750 eenhede sal wees, marginaal meer as verkope verlede jaar.

Met stroperver­kope het dit Mei nie so goed gegaan nie en net 16 eenhede is verkoop. Dit is agt eenhede minder as die 24 eenhede wat verlede Mei verkoop is. Vir die eerste vyf maande van die jaar is stroperver­kope ongeveer 11% laer as verkope vir die vorige ooreenstem­mende tydperk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa