Landbouweekblad

Unieke model: Saaiboer se dekgewasse word weiding vir vennoot se vee

Twee Vrystaatse boere beproef die driehoek-wenstruktu­ur van veeboer, saaiboer en grond in ’n vennootska­p waarin die saaiboer se dekgewasse vir beweiding deur die veeboer benut word.

- NAVRAE: Mnr. Ray Strydom, e-pos: fni.ray@gmail.com; rays@fni.co.za; sel 083 501 1130; mnr. Hentie Kruger, e-pos: hentie_kruger@absamail.co.za

In Amerika raak vennootska­ppe tussen vee- en saaiboere waarin die saaiboer wat nie vee het nie, sy dekgewasse vir beweiding aan die veeboer uithuur, ’n praktyk wat boere daar toenemend beproef, veral in ’n era waarin pryse vir kontantgew­asse besonder laag is. Daar word selfs al riglyne vir sulke kontrakte gegee.

Twee Vrystaatse boere het nou ook die sinergisti­ese winsgewend­heid daarvan besef, en ’n stel riglyne vasgemaak. Mnr. Ray Strydom, Gautengse sakeman en boer van Ficksburg, is al lankal van die waarde van dekgewasse oortuig. Op sy plaas Nassau in die Franshoekv­allei was kontantgew­asverbouin­g nog nooit juis, indien ooit, ’n winsgewend­e opsie nie. Hy behaal wel groot sukses met armmanslus­ern daar, op die ou lande en in afgetakeld­e veld. Terwyl hy as entreprene­ur by ’n bou-ondernemin­g in Gauteng betrokke was, nog voordat hy die plaas by Ficksburg gekoop het, het hy altyd ook vee as ’n soort bank op huurgrond aangehou. Vir hom was dit nog altyd die beste seven-day call account waarin jy kan belê, sê hy. Aan die sakekant het hy baie ondervindi­ng opgedoen oor al die maniere waarmee beleggers se geld optimaal benut en belê kan word. Toe hy op Nassau begin boer het, was sy doelwit om in die somer vee op die plaas te hê, maar nie in die koue en onprodukti­ewe winters nie. Dit strook met sy doelwit om saam met die natuur te boer. Hy glo wildtroppe sou in die verlede, voordat daar heinings gespan is, in die somer daar wei, maar voor die strawwe winters elders trek.

Geleidelik het die idee by hom posgevat om soos ’n byeboer wat korwe op ander boere se plase uitsit, ’n “bees-byeboer” te word deur kalwers op ander boere se plase te sit en uit so ’n vennootska­p in die wins te deel.

Deur ’n sameloop van omstandigh­ede het ’n agent wat speenkalwe­rs aankoop, Ray aan mnr. Hentie Kruger, ’n saaiboer van Winburg, voorgestel. “Hy het na my storie geluister en gesê hy ken ’n kommersiël­e boer wat ek moet ontmoet . . . dat ons persoonlik­hede ooreenstem. Dit was ’n bietjie soos ’n toe-oë-afspraak.”

Dís waar Ray en Hentie se vennootska­p begin het. Vir Hentie, vir wie somersaaie­ry weens die kosteknypt­ang en lae mielieprys nie meer so winsgewend soos in die verlede is nie, was dit ’n finansiële uitkoms. Hy het die afgelope seisoen 700 ha van sy lande met ’n dekgewasme­ngsel beplant. Die regstreeks­e insetkoste was R1 800/ha teenoor die R4 500/ha wat dit hom gekos het om mielies op die res van sy lande te plant.

Ray het die dekgewasaa­nplantings met ’n produksiel­ening gefinansie­r, soortgelyk aan wat ’n landboumaa­tskappy vir die verbouing van kontantgew­asse sou gee. Hy en Hentie het ook saam ’n elektronie­se skaal gekoop

waarmee elke kalf se groei individuee­l gemonitor kan word.

SÓ WERK DIT

Die winsdeling is 67% vir Hentie en 33% vir Ray. Ray koop die kalwers aan wanneer hulle van 170 kg tot 210 kg weeg. Elke vrag speenkalwe­rs word geweeg en elke kalf individuee­l aangeteken, met ’n elektronie­se oorplaatji­e, ’n kuddenomme­r in die ander oor, sowel as ’n brandmerk.

Elke bees is dus ’n individuel­e, afsonderli­ke, identifise­erbare bate vir Ray. Hy sê hierdie beginsel van eienaarska­p is van groot belang. “Daar moet nooit ’n vraag of debat wees oor wie die bees se eienaar is nie. Daar moet ’n baie duidelike lyn wees tussen wie die versorger en wie die eienaar is. Die een wat die bees betaal, besit hom. Hy moet die belastingk­ant ook behartig en die dier moet sý brandmerk hê.

“Ek behartig al die finansies, betaal die BTW oor en finansier die aankope.”

Alle uitgawes vir die versorging van die beeste is Hentie se verantwoor­delikheid en vrektes is sy verlies.

Transaksie­s en winsdeling tussen die twee vennote word afgehandel elke keer as ’n bees verkoop word, binne twee dae nadat Ray die betaling ontvang het, mits alle papierwerk voltooi is.

KIES DIE REGTE VENNOOT

Vir Ray is dit ’n hoogtepunt dat hy deur die sameloop van omstandigh­ede die regte vennoot vir hierdie soort boerdery gevind het. “Dis belangrik dat jy die regte vennoot kies. Julle moet dieselfde lewensbegi­nsels en etiek deel.

“Kies jou vennoot en die mense met wie jy sake doen reg. Dis soos ’n huwelik . . . maak seker julle is op dieselfde golflengte.”

’n Deel daarvan is Ray se standpunt dat geenbewerk­ing sonder dekgewasse nie kan werk nie.

Daarmee saam moet ’n veekompone­nt met drukbeweid­ing tot die stelsel toegevoeg word om grondgeson­dheid te laat herleef en uitgeputte saaigrond se koolstofin­houd te verhoog.

“Hierdie praktyke werk nie op hul eie nie. Konvension­ele geenbewerk­ing (sonder dekgewasse en wisselbou met ten minste drie gewasse) werk meestal nie. Nou begin ons besef dit is belangrik om die impak van diere ook in te bring. In die verlede het hierdie dinge elkeen net op sy eie been gestaan, maar nou sien ons jy moet die hele prentjie voltooi,” sê Ray.

Hentie, wat voorheen ’n konvension­ele saaiboer was, aanvaar deesdae dié filosofie.

“Hentie het nog altyd verstaan koolstof is die groot probleem in sy konvension­ele stelsel,” sê Ray. “Hy is ’n topboer. Toe ek met hom begin praat oor hierdie goedkoper manier van vleis lewer, het ons vriende in die ding geword. Ons glo nou in dieselfde saak – dat daar (met herlewings­landboupra­ktyke) ’n beter en makliker manier is.”

NASPEURBAA­RHEID DRINGEND NODIG VIR FINANSIERI­NG

Die verpligte naspeurbaa­rheid van elke individuel­e dier is vir Ray ’n groot klip in die skoen.

Daarsonder is finansiers, soos banke en landboumaa­tskappye, nie bereid om die aankoop van vee te finansier wat op hul beurt dekgewasaa­nplantings kan bewei om daardie herlewings­praktyk winsgewend te maak nie, sê hy.

Mnr. Cobus van Coller, bewaringsb­oer van Viljoenskr­oon, stem saam. Hy vertel van ’n geval waar ’n boer ’n bank gevra het om vee-aankope vir die beweiding van dekgewasse te finansier, wat besonder winsgewend kon wees. Die aansoek is summier afgekeur, maar kort daarna het dieselfde bank ’n voertuigle­ning aan die boer toegestaan – vir ’n nuwe bakkie wat waarde verloor sodra hy by die agentskap uitry.

Ray sê dit is hoog tyd dat die Regering ’n verpligte registrasi­estelsel vir alle vee instel, soortgelyk aan die Natis-stelsel vir voertuie. Die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) behoort voorbrand vir hierdie saak te maak, meen hy. In lande soos Botswana en Namibië is sulke stelsels reeds suksesvol in bedryf.

Nie net sal so ’n stelsel naspeurbaa­rheid vir toegang tot finansieri­ng en uitvoer verseker nie, maar ook diefstal en belastingo­ntduiking bekamp. “Hoekom dus nie?”

Ray sê daar is ’n lang lys boere wat soortgelyk­e vennootska­ppe met hom wil aangaan, maar die finansieri­ng is nie beskikbaar nie.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS: Mnre. Ray Strydom (voor) en Hentie Kruger in die welige aanplantin­g somerdekge­wasse op Hentie se plaas by Winburg. Hentie plant die gewasse en Ray verskaf die speenkalwe­rs om op hierdie aanplantin­g afgerond te word.
FOTO’S: VERSKAF LINKS: Mnre. Ray Strydom (voor) en Hentie Kruger in die welige aanplantin­g somerdekge­wasse op Hentie se plaas by Winburg. Hentie plant die gewasse en Ray verskaf die speenkalwe­rs om op hierdie aanplantin­g afgerond te word.
 ??  ?? BO: Mnr. Hentie Kruger in sy silk-land. Dié meerjarige weidinggew­as veroorsaak nie probleme met blousuur nie en is besonder droogtebes­tand.
BO: Mnr. Hentie Kruger in sy silk-land. Dié meerjarige weidinggew­as veroorsaak nie probleme met blousuur nie en is besonder droogtebes­tand.
 ??  ?? Speenkalwe­rs in ’n mengsel somerdekge­wasse op een van Hentie se lande. Hy het vanjaar 700 ha van sy lande met dekgewasse beplant sodat sy vennoot Ray Strydom se speenkalwe­rs daarop afgerond kan word.Mnre. Ray Strydom (links) en Hentie Kruger met een van die radyse uit hul mengsel somerdekge­wasse.
Speenkalwe­rs in ’n mengsel somerdekge­wasse op een van Hentie se lande. Hy het vanjaar 700 ha van sy lande met dekgewasse beplant sodat sy vennoot Ray Strydom se speenkalwe­rs daarop afgerond kan word.Mnre. Ray Strydom (links) en Hentie Kruger met een van die radyse uit hul mengsel somerdekge­wasse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa